Leesplan inligting

Maak My 'n RivierVoorbeeld

Maak My 'n Rivier

DAG 3 VAN 5

Die Rivier Bring 'n Oes In

Die profeet Esegiël skryf oor hierdie hemelse beeld van ’n rivier wat in alle rigtings uit die tempel vloei. Soos die beeld van die rivier uitbrei, word die rivier ook dieper en dan sien ons dat die waters genees is op ’n spesifieke punt. Later in die teks lees ons dat die water lewe voortbring en waar daar eens nie visse was nie, sien ons dat daar nou visse in die rivier voorkom. Visse verteenwoordig voorsiening, en dit verteenwoordig ’n oes. Wanneer ons na die geestelike kant kyk, sien ons dat die oes praat van mense, of siele wat van elke volk en nasie afkomstig is.

Hierdie rivier verwys ook na die teenwoordigheid van die Gees van God, en wanneer ons na die lewe van Jesus kyk sien ons dat sy bediening gekenmerk was deur die krag en leiding van die Heilige Gees. Wanneer ons na die evangelies kyk, sien ons dat Jesus soveel mense se lewens verander het en dat dié wat Hom gevolg het ook later soveel ander se lewens verander het. Jesus beveel die dissipels in Handelinge 1 om in Jerusalem vir die belofte van die Vader te wag. In dieselfde hoofstuk sê Hy vir hulle dat die belofte van die Vader, die Heilige Gees, hulle met krag gaan vul sodat hulle effektiewe en kragtige getuienisse vir Hom sal wees. Wanneer Jesus praat oor die belofte van die Heilige Gees in die boek Johannes, vergelyk Hy dié ontmoeting met strome van lewende waters wat uit die hart van die mens sal vloei.

Slegs wanneer ons vol van die Heilige Gees is, word ons soos hierdie rivier, dat wanneer mense kom drink van hierdie lewende water dit hulle lewens ook verander om deel van hierdie oes te word. Miskien is dit jou begeerte om deel van hierdie arbeidspan van Jesus te word, maar jy voel dalk onbekwaam. Dalk hoor jy vandag Jesus se uitnodiging om ’n visser van mense te word. Ongeag waar jy jouself bevind, wil ek jou aanmoedig om nou vir Jesus te vra om jou opnuut met sy Heilige Gees te vul, sodat jy in sy krag ’n effektiewe getuie vir Hom kan wees.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Maak My 'n Rivier

Jesus nooi ons uit om by Hom te kom drink en om in Hom te glo sodat riviere lewende water uit ons binneste kan vloei (Joh. 7:37-38) In hierdie 5-dag leesplan gaan ons op 'n reis om die betekenisvolheid van God se rivier ...

More

Ons wil graag Worship Awake bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worshipawake.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid