Leesplan inligting

Die OntmoetingVoorbeeld

Die Ontmoeting

DAG 1 VAN 3

Die Bruidsvas

As jy ’n hegter verhouding met die Here wil hê, wil ek jou aanmoedig om Hom saam met my te soek. Of jy ’n fantastiese verhouding met Hom het of droog en afgerem voel, vas is die sleutel tot transformasie. En meer spesifiek wat ek die “Bruidsvas” noem.

Die “Bruidsvas” is ’n uitdrukking van ons intense begeerte na meer van die Here. Dit is ’n vorm van oorgee wat verklaar dat God alleen ons diepste begeertes en behoeftes van ons honger siel kan bevredig. Dit is ons antwoord op sy uitnodiging om ’n lewe van heilige intimiteit en daaglikse ontmoeting te leef. Ons sit tyd eenkant om by die Een wat ons liefhet te wees.

Jesus is die fokus van dié vas, nie ons gebedsversoeke nie. Ongeag hoe belangrik ons gebede is, ons het Hom die heel meeste nodig. Wanneer ons een is met die Here, gee Hy ons geloof, krag, vrede en wysheid. Wanneer ons Hom het, het ons die antwoorde wat ons nodig het. In Hom vind ons die lewe se grootste skatte, in Hom is dus waar ons moet wees – toegevou in die realiteit van God se teenwoordigheid. Hy is ons deurbraak. Wat ’n ongelooflike voorreg is dit nie om die Here te eer nie! Nie net met ons woorde nie, maar ook met ons dade. Jesus is elke stukkie van ons soeke en verootmoediging werd.

Wanneer jy vas, moet jy jou pas stadiger maak. Tree weg van afleidings soos sosiale media, jou foon, nuus, TV, ens. en bring eerder tyd saam met die Here deur. Skeduleer tyd om stil te word en vir nadenke wanneer jy niks sê nie, maar slegs sy teenwoordigheid in jou hart soek en luister. Laat jouself toe om op te hou dink en ten volle by God teenwoordig te wees, eerder as om te fokus op jou probleme. Wanneer jy oorweldig voel, is dit moeilik om God se stem te hoor. Om stil te word, help om die angstigheid te lig. Sy glorie sal duideliker word en wanneer jou hart en gedagtes daarop fokus, sal jy ligter voel en meer vrede hê. Dit is in dié ruimte waar jou gebede beantwoord word. Wanneer jou gedagtes en siel tot rus kom, is dit baie makliker om God se stem te herken en sy opdragte te ontvang.

Aangaande hierdie leesplan

Die Ontmoeting

Vas help ons geestelike lewe om vooruit te gaan en die Skrif moedig hierdie gebruik aan. Dié tyd waarin jy jou liggaam iets fisiek ontsê, bevorder jou geestelike groei en gee jou die geleentheid om Jesus se nabyheid te e...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://broadstreetpublishing.com/the-encounter/9781424562176/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid