Leesplan inligting

Oomblikke Van StilteVoorbeeld

Oomblikke Van Stilte

DAG 1 VAN 5

Die stem van liefde

Ek sê onlangs vir ’n bejaarde persoon wat baie moeilik hoor: “Ek is lief vir jou.” Sy hoor egter: “Ek bring ’n video vir jou.” Sy knik ordentlik-dankbaar, maar nie juis entoesiasties nie. Sy moes gewonder het hoekom ek dit sou wou doen. Hoe sal sy in haar versorgingsoordkamertjie na ’n video kan kyk? En boonop het sy nie eers ’n videomasjien nie. Wat nog te sê ’n DVD-speler! Ek het toe hard en duidelik-afgemete my sinnetjie herhaal. “Ek is lief vir jou.” Ons het albei gelag, maar tog het ek verleë gevoel.

Met die terugry het ek besef: ’n Mens skree nie vir iemand dat jy hom of haar liefhet nie. Liefde is iets innigs. ’n Mens fluister dit met piëteit.

God verklaar sy liefde in stilte aan ons. Dikwels hoor ons sy stem doodeenvoudig nie bokant al die gekletter en geklater in ons lewens nie. Ons doof stilte met geluide en besigwees en aanhoudende internetstemme op sosiale media uit. Ons maak nie plek vir die intieme oomblikke van saamwees met Hom nie. Daarom hoor ons nie sy fluistering in die windstilte nie.

Here, U is heilig. Tog het U ons lief. U praat met ons in oomblikke van stilte wanneer ons geloofsoë en -ore op U ingestel is. Dankie dat u stem helderder in die stilte weerklink as in ’n aardbewing of stormwind. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oomblikke Van Stilte

God se stem word nooit stil nie. In baie situasies moet ons net leer om sy stem tussen die baie ander stemme te herken. Daarvoor moet ons stil raak en fokus op sy nabyheid. God se stem word nooit stil nie en Hy verlang d...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid