Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Wat staan daar geskrywe?
Dawid se lofsang het die Here geprys as die regverdige regter van die goddelose mense.
Wat beteken dit?
Dawid het uit ondervinding gepraat van die Here se betroubaarheid. Sy teenwoordigheid is 'n skuilplek in tye van nood; dié wat sy Naam aanroep word nie in die steek gelaat nie. Vanuit hierdie perspektief het Dawid profeties geskryf oor 'n dag wanneer al Israel se vyande oorwin sou wees. God sal regverdig optree namens sy mense, net soos Hy dit vir Dawid persoonlik gedoen het. Hy keer dan terug na sy huidige lewe waar hy nog steeds God se genade nodig gehad het. Dawid het die Here geprys en terselfdertyd by Hom gepleit om hom te help: “Gryp nou in, Here!” Die rede vir Dawid se versoek onthul hoekom hy 'n "man na God se hart" was — hy het begeer om die Here van Sion openlik te prys.
Hoe behoort ek te reageer?
Sommige mense hou op om kerk toe te gaan omdat God op een of ander tyd nie 'n gebed na hulle sin beantwoord het nie en hulle tot die slotsom gekom het dat Hy nie daar was vir hulle nie. Was jy al ooit teleurgesteld oor hoe God 'n sekere saak hanteer het? Hy wil jou dalk iets veel beter gee as onmiddelike verligting — die wete van sy intieme teenwoordigheid. Daar sal altyd een of ander probleem in hierdie wêreld wees, maar die Here is ons betroubare toevlug. Hoe Hy ook al reageer, is reg en regverdig. Vertel vandag vir iemand wat God alreeds namens jou gedoen het al bid jy nog oor 'n moeilike situasie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More