Leesplan inligting

God Se Liefde in Breë TrekkeVoorbeeld

God Se Liefde in Breë Trekke

DAG 1 VAN 5

Jesus min my!

‘n Prediker het eenkeer gesê: "Alles wat ek nodig het om te weet van teologie, het ek geleer uit een lied: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.” Hierdie woorde het sy oorsprong in ‘n kinderboek, waar een van die karakters ‘n sterwende kind met dié woorde troos. ‘n Paar jaar later het William Bradbury op die woorde afgekom en ‘n koor bygevoeg. Binne maande het die melodie soos ‘n veldbrand deur Noord-Amerika versprei. ‘n Eenvoudige gedig, uit ‘n onbekende boek, het een van die bekendste gesange in die wêreld geword. Dis in meer tale vertaal as enige ander lied.

Hoekom het hierdie lied so bekend en geliefd geword? Want dit gee uitdrukking aan die belangrikste en aangrypendste waarheid bekend aan die mensdom in drie eenvoudige woorde: Jesus min my!!!

‘n Ses jaar graad in teologie sal jou niks meer belangrik leer as die lied wat in Sondagskoolklassies oor die wêreld heen gesing word nie.

Om te weet dat die Here jou liefhet en om elke dag met dié versekering te lewe, is die eerste en mees belangrike stap om ‘n liefde te hê wat die moeite werd is om te gee.

Mag jy baie liefde ontvang en baie liefde gee. En mag jy altyd onthou: “Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die woord van God.”

Is daar iemand wat jy ken wat dalk nodig het om vandag die versekering te hoor? Indien wel, oorweeg dit om dit via ‘n WhatsApp, stemboodskap of ’n briefie vir hulle te sê.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God Se Liefde in Breë Trekke

Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nhkwitfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid