Leesplan inligting

Laat Sy Liefde Jou LeiVoorbeeld

Laat Sy Liefde Jou Lei

DAG 1 VAN 7

Hy wil jou bederf

Ons God is darem maar só goed vir ons. Sy liefde vir ons was so groot dat Hy sy eie Seun in ons plek laat sterf het. En toe sy Seun weer huis toe moes gaan, het Hy vir ons nóg ’n deel van Homself – sy Heilige Gees – gegee. Dié Gees is die een wat ons oortuig om God se genadedaad te aanvaar en wat daarna permanent in elkeen van sy kinders woon. So is Hy – die groot God – 24/7 by ons om ons met sy nabyheid te omhels, deur alle omstandighede te dra, met wysheid te lei, te vertroos en aan ons hoop te gee: Hoop vir vandag. Vir môre. En vir altyd.

Nou skryf Paulus aan die gelowiges in Efese in 1:14: "Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys."

Die heerlike teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou is maar net die begin van sy ryke genadestroom wat jy eendag gaan kry.

As verloste mens is jy een van jou Vader se kinders wat Hy elke dag met sy liefdevolle goedheid seën. Onthou om in alle omstandighede te bly fokus op dit wat wél reg, goed en wonderlik is. Ja, vier daagliks elke stukkie mooi in jou lewe.

Dankie vir die voorreg om u ewige liefde vir my nou reeds te beleef, Vader.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Laat Sy Liefde Jou Lei

Deur die eeue was God op kreatiewe maniere by sy kinders betrokke. Jy moet onthou dat dit vándag in jóú lewe ook die geval is. Plaas die beheer van jou lewe in sy hande en jy sal ervaar hoe sy liefde jou met teerheid toe...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid