Leesplan inligting

Ek Het U Nodig!Voorbeeld

Ek Het U Nodig!

DAG 1 VAN 7

U WEET WAT EK NODIG HET

Here, U weet wat die toekoms vir ons inhou. Geen moeilikhede of probleme sal U onkant vang nie. Omdat U in beheer van alle dinge is, hoef ek nie vir môre bang te wees nie. U staan reeds by my om in my behoeftes te voorsien en my te vang wanneer ek val.

Dankie vir u liefdevolle sorg. U waak elke oomblik oor my net soos ’n liefdevolle vader. U weet wanneer my krag min is. As ek moeg, bang of ontmoedig raak, trek U my nader en gee U vir my krag. U Woord bevat die wysheid wat ek nodig het vir enige situasie wat oor my pad kom. Volmaakte liefde laat nooit gaan nie.

Mag ek dapper vooruitgaan omdat U by my is. Help my om elke oomblik in U te leef. Laat vrede en hoop my lewe vul namate ek al hoe sekerder van u liefde word.

Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ek Het U Nodig!

Dit is soms moeilik om die regte woorde te kry wanneer jy bid – veral wanneer die lewe uitdagend, swaar en net-te-veel voel! Hierdie sewe gebede deur Joanna Teigen uit haar gebedeboek 101 GEBEDE VIR VROUE sal vir jou nuw...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid