Leesplan inligting

God Is _______Voorbeeld

God Is _______

DAG 1 VAN 6

Wie Is God?


God is _______.


Aan watter woord het jy dadelik gedink? Miskien ken jy God as jou liefdevolle Vader. Miskien het jy God as jou Geneesheer of Voorsiener ervaar. Dalk dink jy aan God as verwyderd, kwaad of veroordelend.


Dit maak nie saak hoe jy dit beantwoord nie, jou siening van God dra ongelooflike gewig in jou lewe. Trouens, die bekende pastoor en skrywer A.W. Tozer het geskryf: "Wat in ons gedagtes opkom wanneer ons aan God dink, sê die belangrikste ding oor ons."


Ons siening oor God beïnvloed die manier waarop ons na onsself, ander en die wêreld om ons kyk. Dit is hoekom dit geweldig belangrik is om ons fondament oor wie God is, te bou, ooreenkomstig die onveranderlike waarheid van sy Woord — nie die tydelike toestand van ons gevoelens nie.


Miskien het jy hartseer, verlies of teleurstelling ervaar wat jou vir God kwaad of seergemaak laat voel. Miskien het jy ander Christene ontmoet wat jou afkeur en veroordeel, dus dink jy God is net so. Miskien het jy probeer om tot God te nader in gebed, maar jy voel niks nie, dus dink jy Hy is ver, koud of ongeërg.


Daardie ervarings en emosies is geldig, maar dit is nie 'n akkurate verteenwoordiging van God se karakter nie.


Inteendeel, die verdraaiing van ons siening oor God was van die begin af een van die vyand se taktieke. In die volmaakte tuin van Eden het God met Adam en Eva gewandel en hulle net een beperking gegee: Moenie die vrugte van die boom van kennis eet nie. Maar die vyand het ingetree en vir Eva gevra of God regtig gesê het sy mag nie, en haar toe oortuig dat God iets wat sy eintlik nodig het, van haar weerhou.


Gevolglik het sy die vrug geëet, en sonde het die wêreld betree en ons verhouding met God verbreek.


Tog het God se karakter nooit verander nie. Hy het liefdevol aan Adam en Eva velklere gemaak, wat sy grootse offerdaad van liefde voorspel: deur sy volmaakte Seun, Jesus, te stuur om 'n sondelose lewe te lei en in ons plek te sterf om ons verhouding met Hom te herstel.


Soms is ons geneig om te dink dat die God van die Ou Testament net veroordelend is, en dat dit net in die Nuwe Testament is wat ons deur Jesus genade sien. In der waarheid, het God nog altyd die sondige mense nagestreef met sy goedheid voordat ons Hom ooit gevolg het. Hy was nog altyd getrou om sy beloftes na te kom. Hy was nog altyd regverdig en genadig, heilig en liefdevol, oppermagtig en onveranderlik.


Die karakter van God is te diep, ryk en wonderbaar om ten volle te beskryf, maar ons sien leidrade daaroor regdeur die Bybel.


Terwyl jy dus oor God nadink, oorweeg ook jou siening van Hom. Is dit gevestig op die waarheid van sy Woord of die pyn van jou vorige ervarings?


Oor die volgende paar dae sal ons 'n paar eienskappe oor God uit die Skrif ondersoek. Onderwyl ons dit ontdek, vra God om meer van Homself aan jou te openbaar. Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, weet dit: Die God van die heelal het jou geskape, is lief vir jou en is besig om jou aktief na te jaag.


Bid: Vader, ek besef my siening oor wie U is, is dikwels gevestig op onvolledige inligting. Wys my enige leuens wat ek oor U glo en vervang dit met die waarheid. Openbaar vandag meer van Uself en u karakter aan my. In die Naam van Jesus. Amen.


Uitdaging: Vul hierdie stelling in: God is _______. Skryf soveel woorde as waaraan jy kan dink, en soek dan meegaande Bybelverse om dit te ondersteun.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God Is _______

Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, tee...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid