Leesplan inligting

Vreugde is 'n PersoonVoorbeeld

Joy is a Person

DAG 3 VAN 4

Vreugde is 'n Keuse



Vreugde is nie die afwesigheid van moeilikheid nie, maar die teenwoordigheid van Christus.



"Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val" Jakobus 1:2 (AFR53). 



Om eerlik te wees, ek was al menigmaal skepties oor hierdie vers. Ek gaan dan vinnig verby om na 'n Skrifgedeelte verder op die bladsy te soek wat my gemakliker laat voel. Hoe kan dit van ons verwag word om ons beproewinge as "vreugde" uit te druk?



Dit is vir my moeilik om alles wat gebeur as vreugde te ag. Hoe kan enigeen aan vreugde dink wanneer jy 'n pap band het en laat gaan wees vir werk? Daar is geen vreugde in om siek te wees nie, wanneer jou salaris nie al die rekeninge kan betaal nie, wanneer iemand vir wie jy lief is siek is of sterwe, of selfs in die alledaagse dinge wat ons elke dag moet doen nie. 



Dit kom onmoontlik voor om vreugde in die moeilike dinge te vind. Ek het goeie nuus vir jou oor die woorde om iets as louter vreugde "te ag"



Die oorsprong kom uit die Griekse werkwoord, hegeomai, bedoelende om te lei, vooruit te gaan, te heers of te beveel, om outoriteit oor iets te hê. 



Jakobus stel nie voor dat ons 'n gelukkige emosie uit die lug moet gryp en besluit om so te voel nie. Inteendeel, hy is oortuig dat om vreugde te kies — vir Jesus — en om Hom toe te laat om ons te lei, die enigste manier is om ons moeilikhede te trotseer, in plaas daarvan dat ons deur ons gevoelens gelei word.



Nou, ek weet nie van jou nie, maar hierdie idee is makliker vir my om te verstaan! Miskien kan ek en Jakobus weer vriende wees.  



In jou diepste, donkerste tye sal jy die geleentheid kry om 'n keuse vir vreugde te neem voordat die vrees en die wat-as jou paniekbevange maak. Om vreugde te kies sal teen elke sintuig indruis, maar om vreugde toe te laat om jou te lei is om jou geloof in God te aktiveer en dit bewys dat jy glo Jesus lewe! 



Vader, dankie dat wanneer die lewe moeilik is ek nie nodig het om 'n gevoel van vreugde te probeer opwek nie, maar om net u hand te neem en U toe te laat om my deur elke moeilikheid te lei. Vandag maak ek 'n keuse vir U — vir vreugde. Terwyl ek besluit om op U te fokus en u beloftes vir my, help my asseblief om te onthou dat U in alle omstandighede genoeg is en ek sal deur elke moeilikheid in die lewe kom as en ek kies om aan u sy te bly. 





Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Joy is a Person

Die lewe is moeilik! Ons sukkel in ons verhoudinge en ons verstandelike en emosionele reserwes is op. Ons het iets groter nodig wat ons kan aanraak, koop of op ons eie kan uitdink. Iets wat ons kan help om die moeilikste...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: https://rb.gy/ppczmz

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid