Leesplan inligting

Hoop Vir ’n Nuwe DagVoorbeeld

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

DAG 1 VAN 14

Lê kaalvoet in sy hart


Ons almal wil ’n nuwe jaar of tydperk in ons lewe met hoop begin. Hoop en verwagting.


Hoop is nie ’n hoëhakskoene-ding en gegrimeerde gesig waarin jy probeer voorgee dat alles reg is nie. Veel eerder is ware hoop ’n kaalvoet-iets. Dis om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om sonder pretensie te erken dat die lewe soms vir jou te veel is, maar dan wel dapper genoeg te wees om voort te gaan. Hoop is om in stormwindtye stille rus te ervaar in die wete dat sy genade weer vrede sal bring.


Hoopdraers is mense, soos jy, wat ook die skerp klippe onder jou voete voel, soms moeg word op die reis en ook onseker voel oor die donker, maar wat dan kies om saam met jou Vader aan te hou stap. 


Mag jy elke dag beleef dat daar ’n genade-God is by wie jy die skoene van jou hart kan uitskop en dan kaalvoet in die holte van sy hart gaan lê.


VADER, EK KIES HOOP. HOOP WAT TUIS IS BY U.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hoop Vir ’n Nuwe Dag

Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid