Leesplan inligting

Verontskuldiging 101Voorbeeld

Apologetics 101

DAG 7 VAN 7

Is Christenskap Nie Op Geloof Gebaseer en Nie Kennis Nie?


Op hierdie stadium kan beide gelowiges en ongelowiges besware hê. Gelowiges kan dalk sê, “Jy mis die punt van die Christendom. Dit gaan nie oor feite nie; dit gaan oor geloof.” Ongelowiges kon geredelik saamstem: “Julle Christene glo deur geloof; ons ongelowiges glo feite. Hou op om vir ons te probeer sê wat om te doen.”



Steven Pinker, 'n professor aan die Harvard Universiteit, definieer geloof as "iets om te glo sonder enige goeie redes." Dit is egter veels te eenvoudig, indien nie heeltemal misleidend nie. Bybelse geloof is beslis 'n gawe van God (Efesiërs 2:8), en dit behels die vertroue dat God is wie Hy sê Hy is en alles sal doen wat Hy beloof het om te doen. Bybelse geloof is gebaseer op kennis, nie blinde gehoorsaamheid nie.



In Kolossense 1:9-10 sê die apostel Paulus: “Daarom, van die dag af wat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God." Hoe meer ons weet, hoe meer is ons in staat om in die geloof te wandel.



Bybelse geloof is nie blind nie. Soos ons sal sien, is die Bybel uniek onder boeke omdat dit soveel spesifieke besonderhede insluit — besonderhede waaruit waargeneem kan word of dit waar is of nie. Dit nooi feitlik noukeurige ondersoek uit. Die apostels was vol vertroue dat hulle geloof nie vir ander interessant sou wees nie, maar dat dit as feitelik beskou sou word.



In 1 Korintiërs 15:19 vertel die apostel Paulus vir sy lesers, in wese: "Julle kan die bewyse vir die opstanding van Jesus self nagaan. Jy sal sien dat dit werklik gebeur het. En as dit nie gebeur het nie, is al die ander dinge wat ek jou vertel het vals." Miskien was dit gebaseer op die apostel Petrus wat soms getwyfel het, sodat hy sy lesers aangemoedig het om bereid te wees om goeie redes te gee vir die hoop wat hulle in Christus stel (1 Petrus 3:15).



Wat geloof geldig maak, is nie dat ons dit het nie, maar dat die voorwerp van ons geloof eintlik geloofwaardig is. Teoloog David Clark sê: “Geloof verkry sy waarde nie uit die intensiteit van die gelowige nie, maar uit die opregtheid van die een waarin geglo word. Ware geloof is geloof in die regte voorwerp; geloof in ’n ontroue persoon is waardeloos of erger.” Dit is nie genoeg om opreg in ons geloof te wees nie.



Ons kan opreg glo dat ons valskerms sal ontplooi as ons uit 'n vliegtuig oor Sun City spring, maar al die opregtheid in die wêreld sal nie help as die valskerms gewone rugsakke is nie.



Wat doen ons dan met twyfel? Almal van ons ervaar twyfel omdat almal van ons in ons kennis beperk is. Ons het vrae waarvoor ons nie bevredigende antwoorde gekry het nie. Twyfel kan eintlik 'n gesonde deel van 'n Christus-gesentreerde, bedagsame lewe wees. Pastoor Tim Keller stel dit so:



“'n Geloof sonder twyfel is soos 'n menslike liggaam sonder enige teenliggaampies. Mense wat opgeruimd deur die lewe gaan, te besig of onverskillig om moeilike vrae te vra oor hoekom hulle glo wat hulle glo, sal hulself weerloos vind teen, óf die ervaring van tragedie óf die ondersoekende vrae van 'n slim skeptikus. 'n Persoon se geloof kan amper oornag in duie stort as jy oor die jare nie daarin geslaag het om geduldig na jou twyfel te luister nie, wat eers na deeglike nadenke verwerp kan word.”



Om twyfel te hanteer, is deel van wat dit beteken om in die geloof volwasse te word. Dit verg moed om te twyfel. 'n Uiters belangrike punt is: eerder as om net tou op te gooi, moet jy spesifiek wees oor wat jou pla, en jy moet moed bymekaar skraap om na antwoorde te soek. Leer om jou twyfel te betwyfel sodat dit nie al die ander dinge in jou lewe sal oorweldig nie.



Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, skryf in om die volledige boek hier te wen by hier


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Apologetics 101

Met slegs 17% van vandag se gelowiges wat in staat is om hul Christelike oortuigings te verwoord en te verdedig, moet ons die basiese beginsels leer om tot die huidige kultuur deur te dring en ons geloof te verdedig, deu...

More

Ons wil graag Jeff Myers en David C Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief:http://www.dccpromo.com/understanding-the-faith/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid