Word Herskep om te HerskepVoorbeeld

Be Transformed To Transform

DAG 3 VAN 3

ONS ROL IN DIE KERK

“ ... om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie ... ” (1 Korintiërs 1:10)

Met Godgegewe gesag het Paulus die uitdaging aangeneem om die diversiteit in die kerk te oorbrug. Hy het nooit kant gekies nie maar daarop gefokus om die Here alleen te dien. Selfs in vandag se kerk het ons baie verskille in opinies en idees. Verskille moet na geluister word en regverdig en toepaslik verduidelik word. Sulke verskille kan opgelos word indien almal 'n gemeenskaplike doel het om Christus te volg.

Mense wat gewoonlik verskillende gedagtes en opinies het wyk af van daardie gemeenskaplike doel en word slagoffers van valse prediking en die skep van splintergroepe. Hulle moet teruggebring word na die beginpunt van hulle geloof en aangemoedig word om 'n splinternuwe begin met Christus alleen as hoeksteen te hê. Net Christus behoort saak te maak, selfs in hierdie era van tegniese innovasie en uitnemendheid.

Laat ons ervarings in die erkenning dat Jesus Christus die finale openbaring is, mense inspireer om op Christus alleen gefokus te bly. Laat ons daarom met gesag die goeie nuus verkondig en Christus alleen verheerlik, sonder om rituele en gebruike in die weg van God se waarheid te laat kom.

Laat God sy krag openbaar sodra ons ons deel gedoen het.

“ ... Is Paulus miskien vir julle gekruisig? ... ” (1 Korintiërs 1:13)

Dit is belangrik om te weet dat terwyl ons nog sondaars was, net Christus vir ons aan die kruis gesterf het, nie die heiliges of enige predikers van die wet nie. Laat Christus in alle dinge verheerlik word en niemand anders nie. Mense soek dikwels wonderwerke, boeiende argumente en logika en glo in die dinge wat gesien word. Dit is egter belangrik dat ons hulle na die kruis verwys, waar Christus gekruisig is. Dit is die wonderwerk wat God se krag en liefde openbaar.

Laat ons daarom, as diegene wat deur God geroep is, nederig standpunt inneem deur te erken dat ons nie geroep is omdat ons wys of sterk was nie. God het ons egter gekies, ten spyte van ons dwaasheid om die geleerdes te beskaam en ten spyte van swakheid om die sterkes te beskaam.

Laat die feit dat Hy “wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is" gekies het (1 Korintiërs 1:28), ons hart regeer en ons help om sy hoë roeping waardig te wees en God toe te laat om beheer oor ons lewens te neem en dit tot sy eer te gebruik.

Aangaande hierdie leesplan

Be Transformed To Transform

Ervaar God se roeping en verstaan sy doel vir ons. Om 'n lewe van getuienis te lei en ander van sy reddende genade te vertel. Om die teenswoordige tyd met 'n hoop vir die toekoms te oortref. Om te lewe as 'n waardige uitverkore werktuig vir God. Om eenheid in die kerk te bevorder en Christus alleen as hoof te handhaaf. Die verkondiging en onderrig van die Woord van God.

More

Baie dankie aan C. JEBARAJ, Inwonende Direkteur by Amazing Love Home, Chennai, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: jebaraj1.blogspot.com