Leesplan inligting

Te Veel Van ’n Goeie Ding …Voorbeeld

Te Veel Van ’n Goeie Ding …

DAG 1 VAN 5

Verslawing


Om uit te vind of jy aan iets verslaaf is, kan jy jouself hierdie twee vrae vra: Is ek bereid om te sondig om dit in die hande te kry? En sal ek sondig as ek dit nié in die hande kry nie?


Wanneer ’n mens jou lewe aanpas rondom ’n bepaalde aktiwiteit of middel – jou alledaagse lewe, jou uitgawes, jou manier van sosialiseer of werk, kan dit ’n aanduiding wees dat jy ’n ongesonde afhanklikheid daarvan ontwikkel het. As die winkel op die hoek nie jou gunsteling sjokoladestafie het nie … word jy kwaad? Is jy bereid om werkstyd te steel sodat jy daardie sigaret kan rook, al is dit ’n oortreding waaroor jy op jou werksverslag sal moet jok? Is daar ’n webwerf wat jy weet jy liewer moet blok?


Ons is geskape om desperaat na God te smag en heelhartig op Hom te moet staatmaak. Moenie dat enigiets anders in jou lewe sy plek inneem nie.




EK KAN ENIGE TYD OPHOU …


Die manier waarop jou liggaam suiker verwerk, stem ooreen met hoe heroïen en alkohol verwerk word, en navorsing het al bewys dat kosse met ’n hoë glukemiese indeks (wat bloedsuiker- en insulienvlakke vinnig laat styg) ook lei tot honger en ’n hunkering na sekere kossoorte vir tot vier ure nadat jy dit geëet het. Daar is ook al bewys dat fruktose (die soort suiker wat dikwels as versoeter in geprosesseerde kos gebruik word) leptien kan onderdruk – die hormoon wat die hou-op-eet-jy’s-versadig-boodskap na jou brein toe moet dra. Ten minste verstaan jy nou waarom jy so dikwels met jou hand in die koekieblik gevang word!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Te Veel Van ’n Goeie Ding …

Een van die duiwel se oudste truuks is om ons te lok met dinge wat goed lyk, voel en proe … terwyl dit nie noodwendig goed is vir ons nie. Oordoen jy dalk iets wat inherent goed is? Hierdie 5 oordenkings, saamgestel uit ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid