Leesplan inligting

!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 5 VAN 10

Moenie vergeet om te onthou nie


As mense alles perfek kon onthou, sou ons nie instruksies soos dié nodig gehad het nie! Waarom word ons aandag so vinnig afgetrek deur – haai, kyk, ’n blink ding! (Sien jy?) God is vertroud met die ingewikkelde én eenvoudige detail van ons beperkte breine. Hy het dit immers gemaak! Hy weet ook dat ons stelsels in plek moet hê – feesdae, feeste, Sondae met sakramente en Google se kalender – om seker te maak ons vergeet nie van sy grootheid en sy goedheid nie.


Dink daaraan om vir jouself ’n “onthou-sneller” te skep – byvoorbeeld elke keer wanneer jy ’n lig aanskakel, ’n gordyn ooptrek of jou motor aanskakel. Gebruik daardie oomblik om te dink aan die mees onlangse guns wat jy van die Here af ontvang het, of gebruik dit as ’n herinnering om ’n oomblik te neem om te bid.




NET AGTERLOSIGHEID?


’n Mens se geheue neem ná 30 af, en genetika sowel as leefstyl speel hierin ’n rol. Voortdurende blootstelling aan stres verander die struktuur van die area in ’n mens se brein wat verantwoordelik is vir geheue deur die senuweepunte te beskadig wat betrokke is by die vloei en die herroep van inligting. Stres meng ook in met slaap – wanneer jou brein inligting verwerk en stoor. Wees proaktief. Wat maak jou gespanne? Hoe kan jy dit bestuur? Maak werk daarvan! Onthou ook (as jy kan) om 150 minute se matige oefening per week in te pas.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid