Leesplan inligting

Die Regte GodVoorbeeld

Die Regte God

DAG 6 VAN 7

God is liefde


Almal streef na liefde. Regte liefde, nie ’n tydelike emosie nie. Ons is bedraad daarvoor. Ons is geskape om bekragtig te word, na omgesien te word, vergewe, ondersteun en bemin te word. Hoekom? Want ons is deur God geskape en God is liefde (1 Johannes 4:8, 16).


God se liefde is so onbegryplik groot dat die apostel Paulus ’n kragtige gebed gebid het vir Christene om bonatuurlik bemagtig te word om “in staat [te] wees om saam met al God se mense te begryp hoe breed en lank en hoe hoog en diep sy liefde is”, wat “alle verstand te bowe gaan” (Efesiërs 3:18, 19, NLV).


Liefde is ’n universele behoefte, en God se liefde is die universele antwoord.


·  God se liefde is onvoorwaardelik, in teenstelling met die wêreld se liefde.


·  Hy is liefdevol teenoor ons wanneer ons goed is en wanneer ons sleg is.


·  Hy wil hê ons moet tot oorlopens toe gevul wees met goedheid en lewe.


·  Hy begeer dat ons so versadig is met sy liefde dat dit oorloop na anders mense se lewe.


Stel jou ten doel om die regte God te ken sodat sy liefde oorloop na jou. Dink na oor sy liefde en laat dit jou hart verower. Leer om jouself te sien soos Hy jou sien, veilig in sy teerheid.


Sal jy toegee dat jou hart omskep word? En wanneer God se liefde nie net vrylik in jou is nie, maar ook deur jou vloei, sal dit die wêreld verander.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Regte God

Hoe sien jy God? Die antwoord op dié vraag vorm nie net jou geloof nie, maar jou persepsies van jouself, jou lewensbeskouings, jou doelwitte — jou hele lewe. Om ’n onakkurate siening van God te hê kan jou lewenslank laat...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://livingontheedge.org/product/the-real-god-workbook/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid