Meer As Korale

DAG 1 VAN 7

’n Vrou wat pragtig is in God se oë


Ek hou so baie van die boek Spreuke in die Bybel, want dit is waar ek heel eerste “die Spreuke 31-vrou” ontmoet het (Spr. 31:10-31). Sy is die ongelooflike vrou wat vir alle vroue – nog jonk of reeds deur al die seisoene, getroud of ongetroud – ’n voorbeeld stel van alles wat mooi is in God se oë.


Sedert ek die heel eerste keer die vrou van Spreuke 31 ontmoet het, het ek my lewe op haar voorbeeld probeer skoei. Ek het daarna gestreef om haar optrede en gesindheid na te volg en ek het gebid dat ek ’n onwankelbare karakter sal ontwikkel en die verantwoordelikhede, geleenthede en doelwitte wat God vir my gee, sal aangryp. Ek het probeer om haar wysheid uit te leef deur my huis in ’n tuiste te omskep, my huwelik te koester en my kinders goed groot te maak.


Jy sal ook van hierdie merkwaardige vrou hou. By haar sal jy baie leer, sy sal vir jou ’n voorbeeld wees om na te volg en sy sal jou motiveer om jou lewe lank jou oë op God gerig te hou. En die heel belangrikste is, deur haar lewe sal jy ontdek wat ware skoonheid is – God se soort skoonheid.


God se uitsonderlike vrou van Spreuke 31 is iemand wat ons sonder huiwering kan volg. En jy sal nooit weer dieselfde wees nadat jy vers vir vers deur Spreuke 31:10-31 gewerk het nie. Jy sal persoonlik en geestelik groei namate jy ontdek wat vir God mooi is – en dit dan op jou lewe toepas. 


Mag daar ook oor jou gesê word: “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!”

Aangaande hierdie leesplan

Meer As Korale

Ons almal ken die Spreuke 31-vrou. Daardie pragtige vrou wat meer werd is as edelstene, as asemrowende korale ... Maar moenie geïntimideerd voel nie! Jy kan deur God se genade daardie eienskappe in jouself vestig; een ei...

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://cumbooks.co.za

 

Oor Die Uitgewer

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid