Leesplan inligting

Vrees OorgeskryfVoorbeeld

Vrees Oorgeskryf

DAG 1 VAN 5

Die lewe is vol geloof van twyfel, spanning en onsekerheid. Miskien is die algemeenste en skadelikste van almal egter vrees en die fisiese manifestasies van angs. Vrees is ons menslike reaksie op sekere situasies wat ons nie kan doen en verstaan nie. So ook waaroor ons geen beheer het nie. Wanneer dit ons werklikheid is kyk ons na die toekoms en probeer ons sien wat voorlê. Ons kan probeer om te onderskei in die donkertes en skaduwees wat verlam word deur vrees en angs.

Vrees is deel van die vyand se arsenaal om verwoesting in ons lewens te bewerkstellig met die doel om uiteindelik ons geloof te verminder. Die vyand is die hoof van misleiding. Sy strategie is om ons te laat fokus op ons vrese: Valse Bewyse Verskyning soos byvoorbeeld; Die werklikheid, in plaas van die Een in wie ons geloof rus, Jesus Christus. Wanneer ons onsself oorgee aan vrees word ons verstand daardeur beheer, dan het Satan ʼn invloed op ons.

Die vraag is, hoe draai ons ons vrese weg vanaf die vyand en bring dit onder die gesag van God? In Psalm 56 vers 3 sê Dawid: “Die dag as ek vrees, sal ek op U vertrou.’’ Of dit nou so is of nie. Hy verstaan die gevallenheid van ons wêreld, wat ons mislei deur middel van vrees. Dawid se reaksie was om na God te draai en met ʼn kinderlike geloof aan Hom vas te hou en volkome veilig te wees met die kennis van God se liefde. Stel die leuens bloot wat die vyand in jou verstand plant deur geloof uit te oefen met die waarheid wat in die Skrif voorkom.

Veg teen leuens met die waarheid. Net God alleen weet alles: die verlede, hede en die toekoms. Al die werke van God sal tot in ewigheid bekend wees. Ons kan nie begin om die peil van sy kennis en begrip te verstaan nie. (Romeine 11 vers 33).

Dus wanneer die vyand ons bang maak vir dit wat in die toekoms vir ons wag, veg teen dit met waarheid gebaseerde denke. Gebruik die Skrif om die leuens te vernietig. Kom ons bou ons versameling op begrip van die Skrif . Al is alles min wat in ons geloofstenk is, is die kleinste fluistering van geloof, genoeg in die hande van ʼn almagtige God.

Gebed:

Vader, wanneer vrees my aanval wil ek graag hê my eerste reaksie moet wees om na U toe te hardloop net soos ʼn kind se vertroue. In oomblikke soos hierdie, bid ek dat ek sal beskerm word deur u onwrikbare betroubaarheid. U alleen weet wat is my toekoms en in u getrouheid, liefde en omgee lei my asseblief in ʼn nuwe dag in.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vrees Oorgeskryf

Vertrou in die waarheid wat seëvier.

Ons wil graag Bryanston Bible Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.bbc.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid