Leesplan inligting

ENFC Music - Vredevors DagstukkeVoorbeeld

ENFC Music - Vredevors Dagstukke

DAG 1 VAN 5

Dankie Dankie




“Al gaan ek deur die donker dieptes,


 al het ek afgedwaal. Steeds sal ek nie bang wees om by u voete neer te val.”




Het jy al ooit gevoel asof jy een fout te veel gemaak het? Asof jy presies geweet het wat die regte ding was om te doen, maar dit per ongeluk (of dalk aspris), nie gedoen het nie? 




Partymaal het die mense in ons lewens nie baie genade vir foute nie. Partymaal het onsself nie baie genade vir foute nie. Jy weet, ons eie persepsie oor genade vir ander, of onsself,  weerspieël hoe ons na die genade kyk wat God aan ons bewys. 




Die liedjie “Dankie Dankie” is oorspronklik geskryf op ‘n kamp nadat ‘n groep eerstejaar studente pas tot bekering gekom het. Alhoewel van dié studente dalk in Christelike huise groot geword het, het hulle vir die eerste keer self bewus geword van wie God is. Dit was nie die bewuswording van sonde wat hulle harte na God toe gedraai het nie, maar die bewuswording van sy onverdiende genade en vergifnis, deur die bloed van Jesus.




Partymaal dwaal ons van die pad af, of vergeet van God se onverdiende goedheid en genade teenoor ons, maar selfs dit verander nie hoe God na ons kyk nie. 




Mag jy vandag herinner word aan God se onverdiende goedheid en genade wat Hy teenoor ons betoon.




“Dankie Dankie vir genade 


Dankie vir genade deur die kruis


Dankie Dankie vir U liefde


Dankie vir U liefde


Ek is vry.”






Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

ENFC Music - Vredevors Dagstukke

Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en ve...

More

Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid