Leesplan inligting

Ons God RegeerVoorbeeld

Our God Reigns

DAG 1 VAN 5

Hoe kan ons die positiewe lig van Jesus in Amerika sien wat in 'n nuwe politieke era inbeweeg, terwyl daar so 'n toename in onsekerheid, onrus en verdeeldheid in die wêreld is? Jesus het in 'n tyd van politieke onstabiliteit die aarde bewandel. Hoe het Hy Homself dus met die politiek van die dag vereenselwig? Watter kandidaat se sienings het die meeste na dié van Jesus gelyk? Was Jesus liberaal? Konserwatief? Onafhanklik? Hoe pas Jesus in by die regering? In die Bybel sien ons dat Jesus Homself grotendeels van die politiek gedistansieer het. In 'n sekere sin was Jesus polities agnosties. Die regering waarvan Jesus gepraat het, was een wat Hy aarde toe sou bring en nie een wat deur mense se pogings gevestig is nie.



Wanneer ons na die Woord van God kyk, sien ons in 1 Timoteus 6:15, dat God nog altyd die Koning van die konings was. Hy is oppermagtig in elke politiese klimaat. God se begeerte vir die mensdom as sy kinders, is om Hom as die almagtige Koning te sien en om Hom alleenlik te volg, sonder die behoefte van aardse leiers. Soos ons die Amerikaanse politiese klimaat sien beweeg — republikein of demokraat, liberaal of konserwatief, links of regs — moet ons erken dat geloof, vertroue en hoop alleenlik gevind kan word in die Een wat was, wat is en wat weer gaan kom.



Wanneer 'n politiese situasie hanteer moet word, is 'n sleuteloptrede om daaroor te bid. Deur jou eers in gebed na God te wend, wys na 'n dieper uitdrukking van ons vertroue in God, eerder as in menslike leiers. 



Waarheen gaan ons wanneer moeilik tye ons pad kruis? Keer jy jou na 'n vriend? 'n Familielid? Google? Luister ons na ons gunstelingmusiek of eet ons ons gunstelingkos? Of gaan staan ons eers voor die troon van die Almagtige, wend ons na sy Woord en herinner onsself wat in Matteus 11:28-30 geskryf staan: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig."



God belowe ons in 2 Timoteus 3:12: "Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word." Hy belowe ook in Jesaja 41:10: "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou." Wanneer ons bekommerd is oor enigiets, selfs oor die land waarin ons woon, of oor die leiers aan wie ons onsself moet onderwerp, moet ons onthou wat in die Woord van God geskryf is: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig” (Matteus 11:28-30). 



Wanneer ons ons in gebed tot God toe wend, wys ons dat ons op Hom vertrou. God alleen is geheel en al betroubaar en niemand anders nie — nie 'n vriend, familielid, maatskappy, president of koning — kan ons ten volle vertrou nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Our God Reigns

Die vyf-dag leesplan fokus op die beloftes van Jesus, die natuur en die karakter van God, ongeag wie die president, eerste minister of koning op enige tydstip is.

Ons wil graag YWAM Kona vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.endbiblepovertynow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid