Leesplan inligting

Beter Besluite, Minder BerouVoorbeeld

Beter Besluite, Minder Berou

DAG 1 VAN 5

Ons harte is bedrieglik. Hulle kan gevaarlik wees. Dis hoekom ons so oortuig is en partykeer so oortuigend is. Ons jok nie net vir onsself nie, ons bedrieg onsself. 


Daar is ’n manier om ons bedrieglike harte in toom te hou. Hier is drie wenke:


Om mee te begin, erken dit.


Hoe gouer jy dié ongemaklike en skrikwekkende feit oor jouself aanvaar, hoe gouer sal jy ’n gesonde dosis agterdog ontwikkel. Hoe meer ontvanklik sal jy wees vir inligting en raad wat teenstrydig is met waar jou hart jou wil lei. Hoe versigtiger sal jy wees as die verkoopsman binne jou vir jou ’n rat voor die oë probeer draai. Hoe makliker sal dit wees om te herken dat dit wat jy in die versoeking is om te regverdig, net ’n leuen is wat jy vir jouself vertel. 


Tweedens, vra dit. 


Is ek eerlik met myself . . . regtig?


Gesels openhartig met jouself. Gaan staan voor die spieël, kyk jouself in die oë en vra hardop . . . en gebruik jou naam. “Andy, is jy eerlik met jouself . . . regtig?” Vertel jouself dan die waarheid, selfs al beplan jy nie om iets daaromtrent te doen nie.


Jy is dit aan jouself verskuldig om te weet, selfs al stuur dit jou in ’n rigting waarin jy nie beplan om te gaan nie. Dit sal nie seermaak om te weet nie. Jy moet eerlik wees met jouself . . . regtig. 


Derdens, wees nuuskierig.


Wanneer ons deur ons ongemak werk en nuuskierig raak oor hoekom ons voel wat ons voel; hoekom ons so vasbeslote is om te doen wat ons wil doen, kom ons by die waarheid uit. 


Maar die meeste mense doen dit nie. 


Moenie soos die meeste mense wees nie. 


Nuuskierigheid hou jou gefokus op die grense van jou onkunde. Dit is waar ons leer en insig kry. Dit is waar ons ’n kykie kry op ons vooroordeel en kortsigtigheid. As dit ongemaklik is – en dit sal ongemaklik raak – en jy in die versoeking kom om terug te gaan na wat jy nog altyd geken het, moet jy besef dit is vrees en onsekerheid wat praat. Jy sal nie veel uit enige een van dié twee leer nie. Draai dus om en wees nuuskierig. As jy dit doen, sal jy iets leer. Op die minste sal jy iets oor jouself leer.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Beter Besluite, Minder Berou

Goeie vrae lei tot beter besluite. Ontdek vyf lewensveranderende vrae wat jy kan vra elke keer as jy ’n besluit moet neem – vrae wat jou sal help met jou finansies, verhoudings en loopbaan. Al wil niemand hul lewe kompli...

More

Ons wil graag North Point Publishing bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://andystanley.com/better-decisions-fewer-regrets/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid