Leesplan inligting

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs Voorbeeld

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons studie van Hebreërs.  Ons is dankbaar dat jy by ons aangesluit het! Dit is ons gebed dat hierdie studie jou verhouding met ons hemelse Vader sal versterk en jou geestelik sal laat groei. 

Hier by Love God Greatly Afrikaans, gebruik ons die SOAP metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken S.O.A.P.?

S– Die S staan vir Scripture- jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy Woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O– Die O staan vir Observation- wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A– Die A staan vir Application- dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P– Die P staan vir Prayer. Bid God se woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou gewys het op sonde in jou lewe.

Inleiding:

Die Oppergesag van Christus

Die boek Hebreërs handel oor Godheid, mensheid en majesteit van Christus. Die skrywer illustreer die hoër gesag van Christus en toon sy gesag en mag oor engele, profete, offers en die priesteramp. Die boek Hebreërs verduidelik die heerskappy van Christus oor almal.

Hebreërs kon 'n preek gewees het, of dit kon 'n brief gewees het. Hoewel daar onduidelikheid is oor die oorspronklike formaat, is die boodskap duidelik. Na 'n kort inleiding (1:1–4) begin die skrywer die hoër gesag en opofferingswerk van Christus verduidelik (1:5–10:18). Die skrywer beskryf dan elemente van die geloof, met 'n huldeblyk aan diegene in die verlede wat voorbeelde van groot geloof was (10:19-13:17) en eindig uiteindelik met 'n seënbede (13:18-25).

Hoewel die skrywer van die boek Hebreërs onbekend is, meen sommige dat die oorspronklike gehoor 'n groep Joodse Christene was, omdat die boek op Joodse rituele en temas fokus. Die skrywer gebruik ook verskeie aanhalings uit die Ou Testament, miskien omdat hy aanvaar het dat die gehoor vertroud was met die geskrifte. Die tydperk waarin die boek Hebreërs geskryf is, is ook onbekend; daar word egter geglo dat dit geskryf is voor die vernietiging van Jerusalem in 70 voor Christus.

Soos ons die oppergesag van Christus bestudeer, kan ons ons lewens beter in lyn bring met Hom. Wanneer ons die soewereiniteit van God oor alles in ons lewens erken, kan ons ons omstandighede aan Hom oorgee. Ons kan groot bemoediging put uit die manier waarop Christus die beloftes van die Ou Testament vervul het. Ons geloof sal versterk word namate ons die getrouheid van God sien teenoor diegene wat voor ons was.

Hebreërs is 'n uitstekende plek om vaste leer te vind, asook 'n uiteensetting van die aard en karakter van Jesus Christus. Om Hom baie lief te hê, moet ons Hom goed ken. Hebreërs bemoedig ons namate ons leer oor die karakter en aard van Christus, die belangrikheid van sy offer en sy gesag en mag oor alles. Die skrywer stel ook Christus voor as ons Middelaar wat ons in staat stel om tot die troon van God te nader. Hy is ons groot Hoëpriester, wat ons verhouding met die Vader herstel deur sy lewe, dood en opstanding. Hy is ons alles.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus, Ons Alles. 'n Studie Van Hebreërs

Die boek Hebreërs vertoon die oppergesag van Christus op elke bladsy. Jesus is nie net verhewe bo enige iets waarin ons probeer om ons hoop te plaas nie, maar Hy is die Skepper en Een wat alles in stand hou. Hy het ons d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid