Leesplan inligting

Lewe Veranderd: VoorsieningVoorbeeld

Living Changed: Provision

DAG 5 VAN 5

Deel Mildelik



'n Oordenking saam met Crystal



Wanneer ons voel ons het alles onder beheer, kan ons maklik na binne gefokus raak en die behoeftes om ons miskyk. Soms neem dit 'n groot behoefte in ons eie lewe om God weer op 'n nuwe manier te ervaar. 



Tot my egskeiding, het ek eerlikwaar nie enige onvervulde behoeftes gehad nie. Ek het dit as vanselfsprekend aanvaar dat rekeninge altyd betaal word en kos altyd beskikbaar was. Ek het nie twee keer gedink waar ek klere, skoolbenodigdhede of enigiets sou koop wat ons nodig het nie.



Na 'n huwelik van bykans 10 jaar, met twee jong kinders en een op pad, het my man ons verlaat. Hy het byna twee ure van ons af gewoon. Ek was skielik 'n enkelma met ‘n deeltydse inkomste en min ondersteuning van my gewese man. Ek was benoud, omdat ek nie genoeg verdien het om ons basiese lewensonderhoud te bekostig nie. Daarom het ek het tot God geroep en was kwesbaar te midde van my kerkfamilie. 



Verbasend genoeg, terwyl ek armoede ervaar het, het ek terselfdertyd vrygewigheid ervaar. Hulp het ingestroom toe ander gelowiges hul tyd, geld en hulpbronne geskenk het om my klein gesinnetjie te onderhou. Ek was oorweldig deur hul liefde vir ons en ek onthou hoe ek vir myself gesê het dat ek dit eendag op een of ander manier vir iemand anders sou wou doen.



Jare later het ek my eerste tree gegee om vrygewig te lewe toe ek die eerste tiende van my inkomste aan God begin teruggee het en ook om van my tyd af te staan om by die kerk uit te help. Ek het uit die bietjie wat ek gehad het gegee, omdat ek die krag van vrygewigheid persoonlik ervaar het. 



Nou, 10 jaar later, is ek steeds 'n enkelma, maar die lewe lyk baie anders. Ek het geleer om alles wat ek besit, goed te bestuur en om binne my vermoë te leef. Ek was selfs in staat om my eie huis te koop met my enkel inkomste terwyl ek dit 'n prioriteit gemaak het om ander te help. 



Ek is verheug daaroor dat God my daardie dag gehoor sê het dat ek die vrygewigheid wat ek as 'n nuwe enkelma ervaar het — uitgeput, bedroef en nie in staat om vir haar gesin te voorsien nie — aan ander wil bewys. Dit laat my ongelooflik nederig voel om telkens weer op dieselfde manier, herhaaldelik aan ander vroue te kan voorsien.



Miskien is jy in dieselfde bootjie as ek en jou omstandighede is moeilik en hulpbronne skaars. Miskien voel vrygewigheid moeilik en maak dit jou dalk bang. Ek verstaan dit. Begin klein en onthou dat elke wonderlike reis daardie eerste dapper treetjie vereis God sien jou raak en wil jou leer om op Hom te vertrou, ongeag of jy baie of min besit.



Ons bid dat hierdie leesplan jou geloof in God se krag tot voorsiening opgebou en jou bemoedig het om die volgende tree te gee om God met jou finansies te vertrou.



Ons bid ook dat God hierdie leesplan gebruik het om jou hart te bedien.



Verken die ander Om Veranderd Te Lewe leesplanne



Leer meer oor "Changed Women's Ministries"


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Living Changed: Provision

Ons dien 'n vrygewige God wat belowe om in elke behoefte van ons te voorsien. Al laat Hy nie alle wense waar word nie, doen Hy tog wonderwerke. God geniet dit om vir ons geskenke te gee, want Hy gee baie om vir ons, self...

More

Baie dankie aan Changed Women's Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.changedokc.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid