Leesplan inligting

Liefde Vertraag GejaagdheidVoorbeeld

Love Slows Down

DAG 1 VAN 7

Vir Liefde Geskep



Ons wil almal geliefd wees. 



Ons wil liefde gee en ontvang. Ons lewens is egter meestal gevul met frustrasie, gejaagdheid, woede en angs. Dit hoef egter nie so te wees nie. God wil die vrugte van die Gees aan jou gee: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dit is alles tot jou beskikking as jy net rustiger raak en op die regte dinge fokus. 



In hierdie oordenking wil ek jou help om rustiger te wees en jou angs, woede en frustrasie, met God se liefde te vervang. Ek wil jou wys hoe God se liefde eintlik die antwoord is vir elke uitdaging waarvoor jy tans te staan ​​kom. 



Om mee te begin, wonder jy waarskynlik: "Waarom kan ek nie rustig raak nie?" 



Goeie vraag. Die eenvoudige antwoord is: jy het hoop en drome vir jou en jou gesin, maar oral om jou is potensiële uitdagings en bedreigings wat verhoed dat daardie hoop en drome verwesenlik word. Jy het drie baie spesifieke dinge nodig:



· Veiligheid (fisies, finansieel, emosioneel) 



· Verbintenis (verhoudings, om gewaardeer te voel en aanvaarding) 



· Beheer (bemagtiging, vrye wil, keuses en opsies) 



Daar is niks verkeerd om daardie dinge te wil hê nie. God het ons geskape sodat ons dit nodig sal hê, maar om al hierdie behoeftes deur Hom te ontvang. 



Adam en Eva het veiligheid, verbintenis en beheer (vrye wil) in die tuin van Eden gehad. Toe hulle gesondig het, is hulle van God geskei — wat die volmaakte vervulling van hierdie behoeftes was. Hulle het dadelik vrees gevoel (Genesis 3:10). Sedertdien ervaar ons almal vrees. Vrees lei tot woede, angs en gejaagdheid. Die goeie nuus is, vanweë Jesus, het ons weer 'n verbintenis met God se volmaakte liefde wat al die behoeftes vervul — as ons daarvoor na Hom toe gaan. 



Ons is uit liefde geskape, vir liefde geskape en is geroepe om na liefde terug te keer. 



God se liefde bied die veiligheid, verbintenis en bemagtiging of beheer waarvoor ons soek. Staan 'n oomblik stil om oor die drie verwagtinge en drome na te dink. Watter een sou jy sê, soek jy nou die meeste? Dink daaroor hoe die vervulling van die behoefte in jou lewe sal lyk. Lees dan vandag se vers en laat dit insink dat die volmaakte liefde van God die bron is van alles wat jy soek.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love Slows Down

Ons is uit liefde geskape, vir liefde geskape en is geroepe om in God se liefde te leef. Hierdie leesplan, gebaseer op die boek "Love Slows Down," sal jou help om woede en angs te verruil en jou te haas na die lewe in Go...

More

Ons wil Joël en Jonathan Malm bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://joelmalm.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid