Leesplan inligting

Wie jy isVoorbeeld

Wie jy is

DAG 1 VAN 4

Dag 1:


Jy staan sleepvoet uit die bed uit op. In die badkamer loer jy skrams na die vrou in die spieël. Hmm, sakke onder die oë. Hare staan woes. En die plooie, o wee, die plooie het oornag kleintjies gekry. Voor die klerekas blaai jy eindeloos deur die rye hangers. Waar. Is. Iets. Wat. Pas. Lekker sit. Goed voel. Mooi lyk? 


Is dit hoe menigte van jou dae begin? 


Ons leef in ‘n era waarin glansende modelle in tydskrifte pryk, sosiale media ons bombardeer met almal se mooiste en beste prentjies en ‘n vlaag van vergelyking ons tref. As dit die standaarde is waarvolgens jy jouself definieer en probeer identifiseer, sal jou dae heel waarskynlik sleepvoet voel. Daarmee saam sal dit ook jou vrouehart kneus en bietjie vir bietjie die sprankel, wat eie en uniek aan jóu is, doodsmoor.


Geestelike mooimaaksessie


Kosbare vrou, kom ons stap hierdie paar dae deur ‘n “geestelike mooimaaksessie”. Kom ons herontdek wie jy is, sodat die geraas van die lewe en die wisselende omstandighede nie jou identiteit beïnvloed nie. Dat jy rotsvas kan staan op wie jy in Christus is, sonder dat die leuens van die hedendaagse verwagtings, ongenaakbare maatemmers en skewe persepsies, jou vrouwees verniel.


Kom ons raak prakties:


Identifiseer die leuens in jou lewe


Voordat ons môre verder op die ontdekkingstog gaan van die ware jy, is dit belangrik om met introspeksie te begin. Jy leef dalk onwetend met ‘n klompie leuens saam wat jou begin definieer het en in die pad staan van jou vryheid as Godsvrou. In Johannes 8:44 word verwys na Satan as die vader van leuens. Kom ons ontmasker daardie leuens wat hy op allerhande maniere op jou probeer afdruk.


- Wat glo jy oor jouself? Hoe sien jy jouself?


- Gaan dink nou mooi oor alles wat jy opgenoem of neergeskryf het. Dink jy dit is alles die waarheid? 


- Kyk bietjie hoeveel van wat jy oor jouself glo, sêgoed uit jou kinderdae is wat deur volwassenes oor jou gespreek is. Of dinge wat jy weet mense van jou dink of sê. Is dit regtig die waarheid? Is dit wie jy is? 


Gebed:


Jesus, U is my prins van vrede. Ek vra dat U glorielig nou op elke leuen sal skyn wat ek met my saamdra. Dinge wat ek oor myself glo wat nie die waarheid is nie en my in kettings vasbind. Wat my weerhou van vryheid in my vrouwees en my verhouding met U en ander. Maak my vry, koning Jesus. Breek elke band en binding wat leuens in my lewe probeer bring het. Help my om myself deur U oë te sien. In die naam van Jesus. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wie jy is

Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge ...

More

Ons wil graag Lig & Lewe Sentrum bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://halrikamusicministries.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid