Leesplan inligting

Veg vir Eensgesindheid in 'n Verdeelde WêreldVoorbeeld

Fighting for Unity in a Divided World

DAG 1 VAN 5

Belangrikste Dinge Eerste



Ons leef in 'n toenemend verdeelde wêreld. Daar is 'n streep in die sand getrek. Dit blyk dat die helfte van ons aan die een kant is en die ander helfte aan die anderkant. Daardie lyn het nou meer soos 'n kloof geword. Hierdie kloof hou aan om wyer te word, want elke jaar raak ons verder verdeeld. Dit het die punt bereik waar dit bykans onmoontlik raak om 'n gemeenskaplike middeweg te vind. Dit breek God se hart. Nou hoe behoort ons as Jesus se dissipels op hierdie verdeeldheid te reageer?



Eerstens, ons moet altyd onthou om die hoofsaak as die hoofsaak te behou. Wat is die hoofsaak? Dis die goeie nuus oor Jesus. Die evangelie. Wat is die evangelie en hoe beïnvloed dit die manier hoe ons oor dinge dink wat ons verdeel, selfs die politiek?



Die evangelie is die goeie nuus dat, deur die lewe, sterwe en opstanding van Jesus, God die Koning geword het — en sy koninkryk kom na die aarde, net soos dit in die hemel is. Hoekom is dit goeie nuus? Omdat ons God 'n baie anders en beter Koning is as die regeerders en leiers van ons wêreld. Ook omdat almal genooi is om deel van sy koninkryk te wees.



Jy is genooi. Hulle is genooi. Selfs die mense wat die persoon ondersteun van wie jy nie hou nie. 



Wanneer ons kies om die goeie nuus van Jesus te glo en ons belowe trou aan ons hemelse Koning, verander dit alles. Die evangelie is nie net 'n "kom-gratis-uit-die-tronk" kaartjie nie. Die evangelie is 'n uitnodiging om van sonde gered te word en vir die herstel van die skepping.



Omdat Jesus die goeie nuus vir ons is, word ons geroep om die goeie nuus vir ander te word.



Selfs in politieke gesprekke. Selfs vir mense van wie ons verskil. Selfs vir mense van wie ons nie juis hou nie.



Wanneer ons onthou om die hoofsaak as die hoofsaak te behou, verander dit die manier hoe ons alles doen. As ons beide die goeie nuus glo en word, kan ons nie help om anders te wees nie.



Hoekom? Omdat ons weet, ongeag wie die leiers in die regering is, ons God is steeds Koning.



Bid: Here, help my om die hoofsaak as die hoofsaak te behou. Herinner my hoe goed U is. Help my om Jesus se voorbeeld te volg en die goeie nuus vir ander te word, op dieselfde manier as wat Hy die goeie nuus vir my was. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fighting for Unity in a Divided World

Hoe volg jy Jesus getrou in 'n wêreld wat verdeeld is? In 'n wêreld waar elke kwessie 'n groot geveg tussen "ons" en "hulle" geword het, is dit belangriker as ooit om te onthou dat Jesus steeds op die troon is, ongeag wa...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid