Leesplan inligting

Ontmoet Die Nuwe JyVoorbeeld

Meet The New You

DAG 5 VAN 21

Kom By die Hart Uit


Die hart is 'n ongelooflike orgaan, is dit nie? Dis eintlik die beheerkamer, want sonder sy funksie is ons in groot moeilikheid. Dit pomp elke minuut ongeveer 5 liter bloed deur ons liggame, wat ons in staat stel om te lewe, te beweeg en op aarde te bestaan. Daar is egter meer omtrent die hart as net wetenskaplike feite.


Ons harte is die geheime plek van ons siel, waar ons gevoelens en herinneringe bymekaar kom. Ons harte is die tuiste van ons vrese, begeertes, verlangens en drome. Ons harte hou ons wonde gevange, vertroetel ons bitterheid en vuur ons passies aan.


Al dink ons ons brein is die plek van redenasie, logika en besluitneming, lees ons dikwels in die Skrif oor die rol wat die hart speel. Dalk is dit die rede hoekom ons vermaan word om versigtig te wees wat in ons harte aangaan. Ons moet versigtig wees met wat ingaan, wat binne opgesluit bly en wat uitgaan, want as beheerkamer beïnvloed dit elke terrein van ons lewens.


Ons mag onsself dalk bedrieg oor met wat in ons harte omgaan, maar die Here beloof ons dat Hy alles duidelik sien. Hoe sal dit wees om jou hart vir God te ontbloot? Verbeel jou hoe wonderlik dit sal voel om van al daardie gemors ontslae te raak en met 'n ligte, onbeswaarde hart te leef terwyl God alles dra wat jy regtig nie kan hanteer nie.


Word herskep


1. As jy en God vandag sou gesels oor alles wat in jou hart omgaan, wat sal Hy te sê hê?


2. Wat is in jou hart versteek waarvan jy vir eens en altyd ontslae wil raak?


3. Waarmee wil jy hê moet God jou hart vul? Vreugde, vrede, geduld, hoop, moed?


 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Meet The New You

Wanneer ons na die Woord van God kyk as 'n grondslag vir ons lewe, sal ons ontdek op watter terreine ons denke behoort te verander om die beste te word wat God vir ons in gedagte het. Dis presies waaroor hierdie reis van...

More

Baie dankie aan Elisa Pulliam en WaterBrook Multnomah Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://waterbrookmultnomah.com/catalog.php?isbn=9781601427946

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid