Leesplan inligting

Verander jou kop, verander jou leweVoorbeeld

Verander jou kop, verander jou lewe

DAG 4 VAN 7

Die Gees reken af met verkeerde gedagtes


Die beste geneesmiddel vir onwettige kopvirusse en jakkalsies is om dit lig te gee – die Here se soort! Om donker gedagtes wat in die pad staan van die evangelie na die oppervlak te bring deur hulle uit te ken, is om hulle invloed te verminder en hulle mag te breek. Dis om 2 Korintiërs 10:4–5 se woorde na te volg deur sulke gedagtes gevange te neem. Wanneer jy bewus is van ongesonde gedagtes, weet jou kop om in die toekoms op die uitkyk te wees vir soortgelyke gedagtepatrone. 


Hiermee saam moet jy ook die regte gedagtestrategieë proaktief in plek hê. Dink en beplan hoe om in nuwe situasies, waar jou stereotipes of vooroordele jou dalk kan verblind, met die Here se liefde op te tree teenoor mense wat anders as jy lyk, dink of glo. Sien en ervaar in jou geestesoog hoe jy dit vooruit reeds reg doen in Jesus se Naam. Oefen, oefen en oefen jou kop in om reg te dink, reg te voel en reg te doen aan ander mense. 


Spreuke se wysheid gebeur deur nadenke, fyn waarneming en versigtigheid. Dit gaan oor die regte insig in God, jouself, ander mense en die lewe self. En ook sommer oor ’n stuk eerlikheid en deursigtigheid. Die regte term hiervoor is integriteit. Kortom, ’n eerlike lewe gevul met nadenke voor God is gelyk aan een wat destruktiewe gedagtes en gevoelens hokslaan en vervang met die regte denke en gedrag. Só ’n leefwyse vra om gereelde gebed en stilword voor God. Namate jou gedagtes oor en oor na die Here toe begin verskuif, reken sy Gees op sy eie maniere met al daardie klein jakkalsies en kopvirusse af. 


Onthou Martin Luther se roete: Vlug met jou eie donkertes na Christus toe en laat Hóm daarmee afreken. Leer om gedurig voor Hom stil te word. Laat die Here se volheid jou vul. Raak leeg van jouself en vol van sy Gees. Wag op die Here. Rus in Hom. Laat sy afwaartse roete in Filippense 2:5–11 jou leefprogram word. Dan sal Paulus se woorde in Filippense 1:21 ook joune wees: “Om te lewe beteken vir my om vir Christus te lewe.”  

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Verander jou kop, verander jou lewe

Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ont...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid