Leesplan inligting

Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging Voorbeeld

Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging

DAG 1 VAN 7

Hoe oorkom jy vrees en ontmoediging? Ons sal vandeesweek leer wat Nehemia gedoen het toe hy met soortgelyke gevoelens gekonfronteer was.

Hierdie leesplan is aangepas uit die vierde week van ons Nuwe Induktiewe Studiereeks.

Esra en Nehemia was oorspronklik een boek. Gedeeltes uit elkeen van hulle is vertellings in die eerste persoon, wat daarop dui dat hulle deur Esra en Nehemia onderskeidelik geskryf is en later deur ’n redakteur in boekvorm saamgestel is. Baie mense glo dat die redakteur Esra self was. 

Nehemia, ’n tydgenoot van Esra, het slegs 13 jaar later na Jerusalem gekom. Vandag moet jy jou opnuut van die historiese agtergrond vergewis deur hoofstuk 1 en 2 van Nehemia te lees. 

(Jy kan gebruik maak van die nota-funksie in die Bybeltoep, deur op ‘n teksvers te klik of jy kan al jou aantekeninge in ‘n notaboek maak.)

Maak ‘n nota oop en skryf neer wat jy leer oor die persoon Nehemia. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Esra/Nehemia/Ester: Oorkom Vrees en Ontmoediging

Hierdie in-diepte studie van die Ou Testamentiese boeke van Esra, Nehemia en Ester, vertel die lewensverhale van gewone manne en vroue wat oorweldigende omstandighede, gelaai met vrees en ontmoedigings, getrotseer het. T...

More

Ons bedank Precept Ministries SA vir die voorsiening van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: http://precept.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid