Oorwin met Letitia WrightVoorbeeld

Overcoming With Letitia Wright

DAG 2 VAN 3

Welkom by Dag Twee! Vandag kyk ons ​​na Jeremia 29:11.

Hierdie Skrifgedeelte beteken so baie vir my, want aan die begin van my pad het ek my identiteit in Christus probeer uitpluis. Dit was regtig moeilik om te sien hoe almal in hul geloof floreer en veilig daarin voel, terwyl ek nie geweet het wie ek was nie. Gedurende hierdie tydperk het God vir my hierdie Skrifgedeelte gegee. Basies het Hy vir my gesê dat sy gedagtes oor my net goed is, van vrede en van liefde getuig en nie van kwaad nie — maar eerder om vir my 'n toekoms en hoop te gee.

Dit het my in staat gestel om selfvertroue te kry en my gedagtes op my toekoms te fokus omdat ek weet wat God oor my dink. Sy gedagtes is regtig kosbaar en liefdevol. Dit het my selfvertroue gegee om die situasies waardeur ek gegaan het te oorkom, en om hoop vir 'n blink toekoms te hê. Dit was voor rolprente vlam gevat het en voordat ek bekend geword het — ek was net besig om 'n nuwe skepping in Christus te word. Hy het hierdie Skrifgedeelte gebruik om my werklik te seën en my daardie vertroue te gee wat ek nodig gehad het.

Waardeur jy ook al gaan of watter situasies jy ook al probeer oorkom, weet dat sy gedagtes teenoor jou verstommend is — dit is kosbaar. Hierdie Skrifgedeelte praat oor wat Hy van ons dink en dit is te omvattend om eens te tel — die sand van die see kan nie eens hiermee vergelyk word nie. Dit is eindeloos. Dit gee my die vertroue dat die Vader ons liefhet en Hy vir ons omgee. 

Laat hierdie waarheid vandag jou gees deurweek. 

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming With Letitia Wright

Sluit by aktrise, Letitia Wright, se nuwe 3-dag video-leesplan, Oorwinning, aan sodat sy jou kan bemoedig met dieselfde Skrifgedeeltes wat haar gehelp het om oorwinning en vertroue in haar identiteit in Christus te ontdek.

More

Ons wil graag vir Letitia Wright bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.instagram.com/letitiawright