Leesplan inligting

Maak Tyd Om Te RusVoorbeeld

Maak Tyd Om Te Rus

DAG 3 VAN 5

Hernu Jou Gedagtes deur 'n Dagboek te Hou.


Dit waaroor jy dink, sal groei. Moenie fokus op dit waardeur jy nou gaan nie. Fokus op wat jy gaan doen! — Dr. Caroline Leaf


Op dag twee het ons geleer om te rus, deur God se Woord te bepeins, sodat ons doen en late met sy waarhede sal ooreenstem. Daar is baie maniere waarop die Skrif ons gees kan binnedring. Sy waarheid sal letterlik ons denke deurspoel en ons sal dinge anders begin sien. Terwyl ons God se Woord oordink, sal ons gedagtes vernuwe word en sal ons rus vind wat ons gedink het nie moontlik was nie.


Om die meeste uit ons tyd in God se Woord te haal, kan ons dagboekinskrywings 'n deel uitmaak van ons daaglikse roetine. As dit nie iets is waaraan ons gewoond is nie, hoef ons nie in diepte of in groot besonderhede dagboek te hou nie. Dit kan so eenvoudig wees soos om 'n paar reëltjies neer te skryf oor die insig wat ons ontvang het terwyl ons die Bybel gelees het. Daar is so baie maniere om 'n dagboek te hou. Ons kan ons gedagtes of gebede neerskryf; sommige mense teken selfs tydens hulle dagboektyd. Daar is nie 'n regte manier om dit te doen nie. Hier is 'n paar eenvoudige stappe om jou aan die gang te kry:



  • Kies 'n vers (of verskeie) en lees dit. 

  • Lees dit weer. 

  • Skryf dit neer. 

  • Vra God vir insig en skryf dit neer.


Dalk het jy besluit om 'n dagboek te hou oor Romeine 8:28, wat sê: "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is." Nadat ons dit twee of drie keer gelees het, skryf ons dit neer. Ons kan selfs besluit om dit in verskillende Bybelweergawes neer te skryf. Ons sluit ons dagboekinskrywing af deur God te vra om ons insig te gee oor dit wat ons nou net gelees het.


Wanneer ons die Skrif so oordink, kan ons dit vir die res van die dag deel van ons denke maak. Om dagboek te hou verskaf ook aan ons 'n tydlyn waarna ons kan terugkyk om ons geestelike groei te sien en die nuwe maniere waarop God in die verlede met ons gepraat het. 


Ons sal dinge duidelik sien en 'n nuwe perspektief oor God se Woord kry en hoe dit op ons lewens van toepassing is en ons van binne herskep. Wanneer ons gedagtes vernuwe is, ontvang ons rus wat geen wêreldse plesier ons kan gee nie. 


Oordink dit 



  • Het jy al ooit dagboekinskrywings 'n deel van jou daaglikse tyd met God gemaak?  

  • Kies een vers en hou dagboek daaroor deur die bostaande stappe te volg. 

  • Skryf enige openbaringe neer wat God tot jou spreek deur vandag se Skriflesing of oordenking.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Maak Tyd Om Te Rus

Werkverslawing en om gedurig besig te wees, word dikwels in ons wêreld aangeprys, wat rus dan 'n uitdaging maak. Om ons rolle en planne effektief uit te voer, moet ons rus of ons sal niks oorhê om geliefdes te ondersteun...

More

Hierdie oorspronklike Leesplan is geskep en verskaf deur YouVersion.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid