Leesplan inligting

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor HudsonVoorbeeld

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

DAG 1 VAN 5

Ons hart se ware tuiste


Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede – goed en sleg – stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons spring dikwels halsoorkop van een ding na die volgende. Ons word gelyktydig in verskillende rigtings getrek. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. En dikwels is dit so. Tussen al die chaos en verwarring deur het ons ’n plek nodig waar veiligheid en rus is. Eers as ons ons ware tuiste gevind het, sal ons ware vrede ken. Jesus het vir ons so ’n tuiste gewys toe hy ons die beeld van die wingerdstok gegee het: “Julle moet aan My verbonde bly soos Ek aan julle” (Joh. 15:4, NLV).


Die beeld van die wingerdstok en lote, openbaar die diepte van die intieme vriendskap met God waartoe Hy ons uitnooi. God se begeerte is dat ons daardie soort vriendskap met Hom sal sluit. As ons wegdryf van vriendskap met Hom, raak ons harte vol verlange. Gelukkig wys die Gebed Vir Kalmte ons hoe ons elke dag saam met God, as ons alomteenwoordige, getroue vriend, kan leef. 


Vra enigiemand wat hierdie gebed al lank bid en dit ook uitleef. Hulle sal jou vertel dat dit hulle op ’n baie praktiese, nugter manier leer hoe om in Christus te bly. Elke sin van die gebed kan ons nader trek aan ons ware tuiste. Ek hoop jy sal dit ook uitvind wanneer ons vanjaar oor die gebed nadink.


God, skenk my die gemoedskalmte


om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,


die moed om die dinge te verander wat ek kan,


en die wysheid om te weet wat die verskil is.


Om een dag op ’n slag te leef,


een oomblik op ’n slag te geniet,


swaarkry te aanvaar as die weg na vrede,


die sondige wêreld, soos Hy gedoen het,


te aanvaar soos dit is en nie soos ek dit sou wou hê nie,


in die vertroue dat Hy alles ten goede sal laat meewerk


as ek in oorgawe aan sy wil leef –


sodat ek redelik gelukkig sal wees in hierdie lewe


en vir ewig die hoogste geluk by Hom sal ervaar.


Op die pad na innerlike vrede 


Herinner jouself daaraan dat God jou vriend wil wees. Laat toe dat die woorde en frases van die Gebed Vir Kalmte jou wys wat dit beteken om daar waar jy is as God se vriend te leef. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson

Die dagstukkies in hierdie 5-dag-leesplan is geskryf uit ’n plek van persoonlike soeke en ontdekking, en sal jou help om ’n rustiger en betekenisvolle lewe te vind. Elke dag se teks sluit ’n Bybelvers, ’n oordenking, en ...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.struikchristianmedia.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid