Leesplan inligting

Mams het Vernuwing NodigVoorbeeld

Mama Needs A Do-Over

DAG 2 VAN 7

Wat Is Jou Probleem?


Baie keer dink ons ​​ons probleme kom van iets buite onsself. Jy kan nie die bankrekening gebalanseer kry nie, want jou huweliksmaat skryf nie al die onttrekkings neer nie. Jy maak nie die Sondagskool voorbereidings klaar nie, want die kinders wil nie in die bed bly terwyl jy laataand daaraan probeer werk nie. Jou broeke pas nie, want die enigste kos wat ons gister kon kry om te eet, was 'n bak koekies en 'n halfleë sak aartappelskyfies.


Die waarheid is dat die meeste van ons probleme uit iets binne-in ons spruit, maar ons wil dit nie erken nie. Wanneer ek brood bak, kan ek in die kombuis bly en aan die oond aandag gee. Ek kan iets vind, soos om skottelgoed te was, om die tyd te verwyl terwyl ek in dieselfde vertrek is, of ek kan leer om ander projekte eers eenkant te laat sodat ek nie in 'n dosyn verskillende rigtings getrek voel nie.


Dit verg 'n spesiale soort krag om te erken dat ons ons eie grootste probleem is. Ek sê dit in oorwinning, nie as 'n slagoffer nie. Dit is 'n oorwinning om te sien dat ek beheer kan neem oor hoe ek daardie vyf-en-twintig minute deurbring terwyl die brood bak en liewer ophou om die oond te blameer wat nie vinnig genoeg is nie. Dit is die mentaliteit van 'n slagoffer as ek vir myself sê ek is net te verstrooid om ooit 'n ordentlike brood te bak.


Een saak wat die meeste van ons lewens raak, is om te voel dat ons nie genoeg tyd het nie. In die geval van die onvoltooide Sondagskoollesse, is dit dalk nie heeltemal die kinders se skuld nie. As ek in alle eerlikheid na die afgelope week kyk en hoe ek my tyd deurgebring het, is daar ruimte vir verbetering. Die aand toe ek drie rug-aan-rug episodes van my gunsteling sepie gekyk het, kon ek beter bestee het deur eerder 'n uur aan my Sondagskoollesse te werk. Daarna kon ek myself toelaat om te ontspan deur net een episode van my sepie te kyk. Of, as ek twee take terselfdertyd kon gedoen het, soos om 'n paar Jesus-figure te knip, my gunsteling deelnemer aan te moedig, glans op 'n engel plak, ensovoorts.


Tyd is die groot gelykmaker. Ons het almal dieselfde hoeveelheid ure in 'n dag, en wat ons kies om met daardie ure te doen, hang van onsself af. Dit voel dalk asof dit buite ons beheer is, maar as ons bereid is om dit raak te sien, is die waarheid die beste keuse. Ek het die verpligtinge gekies waarmee ek besig is. Ek het gekies om tuisonderrig te doen. Ek het gekies om die kombuis oor te verf en so aan. Wat het jy gekies wat vandag jou tyd in beslag neem?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Mama Needs A Do-Over

Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over....

More

Ons wil Lisa Pennington en David C Cook bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asb: www.dccpromo.com/mama_needs_a_do_over/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid