Leesplan inligting

BesittingsVoorbeeld

Belongings

DAG 4 VAN 7

Hoe om Ander te Help Ongeag Hoeveel Geld Jy Het



Ek het Aisha pas ontmoet. Haar glimlag het haar een-vertrek, tien-by-tien huis met trots gevul terwyl sy ons van haarself vertel het. Dit was my eerste besoek aan Tanzanië en ek het haar 'n vraag gevra:



"Wat doen jy vir 'n lewe?"



"Ek breek klippe. Ek verdien R15 per dag. Dis harde werk, maar dit voorsien."



Dit was 'n vraag wat ek al 'n honderd keer gevra het. Maar haar antwoord het my hard getref. Uiteindelik het ek besef dat ek en sy nie so verskillend was as wat ek aanvanklik gedink het nie. Ons stryd, vrese en hoop het baie in gemeen gehad. Sy het nie liefdadigheid nodig gehad nie, maar menslikheid. En ek het besef dit was iets wat ek kon gee.



Daar is armoede wat dieper gaan as geld — en dit bind ons almal saam. Ons almal het Jesus nodig. En wanneer ons dit besef, bemagtig God ons om mense se lewens te verander, terwyl hulle ons s'n verander. Dit beteken dat dit nie saak maak hoeveel geld ons het en of ons die nuutste en beste goeters besit nie. Al wat saak maak, is ons vermoë om God se liefde aan ander te wys.



Hoe lyk dit egter in die praktyk?



Doen hierdie drie dinge:



1. Deurdink jou aannames. Ons is almal gebroke. Ons is almal arm. Daar is geen "ons" teenoor "hulle" wanneer dit by ons behoefte aan Jesus kom nie. Die grootte van jou salaris of jou huis tel niks nie. Wanneer jy besef dit is wat jy met almal in gemeen het, sal jy mense leer ken as mense, nie as liefdadigheidsgevalle nie.



2. Sien raak wat jy het. Wat het jy om te gee? Het jy tyd? Gebruik dit om iemand te dien. Is jy 'n goeie luisteraar? Loop oor die straat en leer jou buurman ken. Het jy finansiële hulpbronne? Wees vrygewig en befonds vennootskappe in jou plaaslike kerk wat lewens sal verander. Het jy vriende? Smee bande.



3. Neem 'n tree. Vertel iemand waaroor jy vertrou om te dien en vra hulle om jou te bemoedig en aanspreeklik te hou. Die eerste tree is die moeilikste. Moenie toelaat dat dit jou weerhou van wat God vir jou wil gee nie!



-Brian 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Belongings

Goeters. So dikwels kom dit voor asof ons lewens gedefinieër word deur wat ons besit. Hoe kan ons 'n balans vind met ons besittings? In hierdie leesplan deur finds.life.church, sal jy uit ander se ondervindings leer hoe ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid