Leesplan inligting

Uit die Beek 2019Voorbeeld

Uit die Beek 2019

DAG 1 VAN 7

Skyn!

"Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring" (Jesaja 60:1).

Dit is nie ’n onbekende beeld vir gelowiges nie, dié van die lig wat hulle ontvang het en waarmee hulle nou hul wêreld moet verlig.

Jesus gebruik dit ook in sy bergrede waar Hy aan sy volgelinge sê hulle is die lig vir die wêreld (vergelyk Matteus 5:14-16).

Paulus sluit later hierby aan en sê mense wat deur God verander is, moet lewe as “mense van die lig” (Efesiërs 5:8).

Veel later sou kinders ’n Hallelujaliedjie leer wat hulle aanspoor om te skyn, selfs al is dit maar effentjies. So skraps soos “jy in jou klein hoekie, en ek in myn”.

Aan Jerusalem word belowe dat die donker dae verby is. Dat die Here se teenwoordigheid die duisternis verdryf het en ’n nuwe dag aangebreek het. Net soos motte na ’n kers aangelok word, word almal nou na dié lig gelok: nasies en konings, seuns en dogters, rykdom en roem.

So gee die Here alles wat nodig is aan hierdie eens verwoeste stad. Al wat gevra word, is: Laat skyn nou die lig wat jy ontvang het! Leef uit dit wat die Here jou gegee het. Wéés wat jy deur sy genade geword het. En kyk dan wat gebeur …

Jesaja 60 bruis van belofte en van troos. Gelowiges kan dit gerus oorweeg om die hoofstuk meer dikwels te lees en só te leer van die Here van alle tye. dit sal ons help om in tye soos dié, weer bewus te word van Hom wat lig gee, wat die Lig is. Die Een wat ’n skynbaar nimmereindigende donkerte verjaag.

Hy wat alles gegee het sodat sy kinders in die lig van sy gawes kan leef.

U is my Lig. Laat my tog skyn, skyn, skyn!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Uit die Beek 2019

Uit die Beek verskyn uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat j...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.luxverbi.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid