Leesplan inligting

Dagstukkies vir besige vroueVoorbeeld

Dagstukkies vir besige vroue

DAG 1 VAN 7

Ek kan nie meer nie - Christelle Webb-Joubert


Die dag as jy ma word, leef jy nie meer net jou eie lewe nie. Jy dink nie meer net vir een nie. Eintlik hou jy nooit weer op dink nie. Ek weet nie van jou nie, maar my kop is aanhoudend besig, besig, besig. Ek het vinnig geleer om aan meer as een ding op ’n slag te dink.


Ek probeer om Dinsdagmiddae, voor my aandskof, ’n bietjie te slaap terwyl ons seuntjie, Lukas, ook sy middagslapie geniet. Ek is dikwels so moeg dat ek weet ek gaan sommer dadelik aan die slaap raak. Maar o wee! Hoe moeg ek ook al is, kan ek net nie my kop stil kry nie …


Dit is dan dat ek in my verbeelding na ’n rivier toe stap en my op die lieflike groen gras uitstrek. Ek sien hoe ek met my kop op Jesus se skoot gaan lê en hoe Hy met sy vingers deur my hare speel. “Raak rustig, my kind,” hoor ek Hom fluister. “Dink aan niks anders as die rustigheid hier by My nie.”


Mag jy vandag, tussen al die dink en doen deur, êrens tyd kry om met jou kop op Jesus se skoot te gaan lê. Mag Hy jou rustig maak.


  


Abba, Vader, dankie dat U my kan laat stil word in die malle gejaag van die dag. Dankie vir die rus wat ek in U vind. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dagstukkies vir besige vroue

Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jo...

More

Ons wil graag NB Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.luxverbi.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid