Leesplan inligting

MigaVoorbeeld

Miga

DAG 1 VAN 29

Inleiding:

Welkom by die “Love God Greatly” studie van Miga. Ons is opgewonde oor die feit dat jy by ons aansluit om hierdie geringe profeet te bestudeer.

Die Bybel gee nie baie inligting oor die profeet Miga nie. Ons weet wel dat hy in Moreset gewoon het (Miga 1:1, Jeremia 26:18) en dat hy in dieselfde tyd as Jesaja en Hosea geleef het.

Hoewel Miga vir ons 'n duistere persoon blyk te wees, is hy deur God gebruik om 'n dubbele boodskap van oordeel en vergifnis in die Skrif op te teken.

Telkemale sien ons hoe die volk van die goeie en veilige wette van God afwyk en doen wat "reg is in hulle eie oë" (Rigters 17:6). En telkemale sien ons hoe hierdie selfde lankmoedige God profete oproep om vir sy volk 'n boodskap te bring wat hulle roep tot bekering en terugkeer na Hom.

In die boek Miga is die volk vasgevang in verskeie sondes, insluitende gierigheid, diefstal, geweld, onregverdige leierskap, oneerlike besigheidsooreenkomste en selfs afgodediens.

God wou nie alleen hê dat Israel moes ophou sondig nie, Hy wou ook hê dat hulle moes wegdraai van hul selfsugtige en bose weë en terugkeer na Hom. Dit sou tot sy glorie en hulle beswil wees.

Hoewel daar redelik ernstige beskuldigings teen Israel was, laat Miga die volk nie sonder hoop nie. Hy beklemtoon die feit dat God 'n God van genade en barmhartigheid is wat vreugde put daaruit wanneer Hy sy volk vergewe en vernuwe.

Hierdie boodskap van Miga bly vandag vir gelowiges waar. God is lief vir en verheug Hom in sy mense en wil sien dat hulle van hulle sondes wegdraai en hul oë rig op Hom. Sonde is soos dryfsand wat ons insuig en dit vir ons onmoontlik maak om op ons eie daaruit te kom. Dis slegs deur die offer van Jesus dat ons die sonde, wat ons so maklik verstrik, kan oorkom (1 Johannes 5:4; Hebreërs 12:1).

Net soos die volk van ouds, is ons geneig om te “doen wat reg is in ons eie oë”. Ons tree op asof ons beter weet en ons weë nie negatiewe gevolge sal hê nie. Maar God roep ons, in sy goedertierenheid en genade, terug na Hom en vermaan ons om ons skatte nie hier op aarde te vind nie, maar by Hom. In Miga gee God vir ons 'n duidelike doenlysie. Dit bestaan ​​nie uit 600 wette nie, net drie eenvoudige reëls.

"Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God." (Miga 6:8 klem bygevoeg).

Terwyl jy die boek Miga lees, vra jouself die volgende vrae:

• Wat leer ek omtrent God?

• Wat leer ek omtrent myself?

• Hoe moet dit my lewe, waar ek nou is, beïnvloed?

Ons gebed is dat God hierdie boek sal gebruik om vir jou die liefde en geduld wat Hy vir jou het te wys, jou te wys waar jy moet verander, en jou uiteindelik nader aan Homself te bring.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Miga

In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bes...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid