Leesplan inligting

Nuwe Lewe: 10-dae Leesplan deur Doxa DeoVoorbeeld

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

DAG 5 VAN 10

REAGEER OP DIT WAT GOD VIR JOU GEDOEN HET.


GELOOF EN KEUSE


Die rigting van ons lewens word tot ‘n groot mate bepaal deur die kwaliteit van die keuses wat ons maak. As mense is ons nie robotte of marionette wat volgens programmering op tree nie. Jou keuse – om Jesus te aanvaar of af te wys as Heer en Redder – sal die kwaliteit van jou lewe bepaal, hier op aarde en vir ewigheid.  


JY MAAK DIE KEUSE


Die keuse is effektiewelik jou handtekening in die “Boek van die Lewe”. Deur die keuse word jy weliswaar gebore in die familie van God. Die keuse is dieselfde as wanneer ‘n jong vrou ‘n huweliks aanbod ontvang van die jong man wat haar lief het. Om “ja” te sê is ‘n geloofsaksie waarmee sy haar toekoms toevertrou aan die integriteit of karakter van die man wat haar lief het. Maar indien sy weier, verloor sy die vreugde van ‘n lewe saam met haar droomman. Die lewe wat sy verlang begin by haar aanvaarding van hom, die aanname van ‘n nuwe identiteit en om haar toe te vertrou aan ‘n hele nuwe familie. Saam werk hulle aan ‘n nuwe toekoms. Indien jy besluit om Jesus Christus te weier, verloor jy vir altyd die voorreg om Sy naaste metgesel te wees…kind van God, deel van Sy familie.    


'n NUWE BEGIN


Jy verkry toegang tot jou nuwe lewe (van jou kant af) deur besluitneming en gebed. Die keuse is joune. Indien jy die geloofsaksie wil betree en die keuse wil maak – om Jesus as jou Heer en Meester te aanvaar – bid die volgende gebed hardop:


NUWE LEWE GEBED 


Here, ek weet dat U ‘n werlikheid is.  Dankie dat ek U kan ervaar. Vader, ek besef dat ek so waardevol vir U is dat U U Seun, Jesus, geoffer het om vir my te sterf. Ek besef vandag dat ek probeer het om op my eie stoom te lewe. Ek kan nie, en wil nie langer so lewe nie.Here Jesus Christus, ek glo dat U die eienaar is van alles. Ek aanvaar vandag die nuwe lewe wat U vir my offer. Ek glo dat U my vergewe het en dat U genade alles tussen ons kom herstel. Daarom aanvaar ek vandag dat ek ‘n kind van God is, net soos U belowe in U woord (Johannes 1:12). Ek behoort nou aan U, en U behoort aan my. Ek verklaar dat, van vandag af, ek op U en die Heilige Gees sal vertrou om my te lei. Dankie dat ek vir ewig in U sal lewe en U in my!


KAN EK VERSEKER WEES VAN HIERDIE NUWE GEBOORTE?


VIR SEKER, JA!


Hierdie versekering is drie-voudig:  



  1. Jou nuwe begin word bevestig deur die waarheid van God se Woord:


Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 2 Korintiërs 5:17 


2.  Die Heilige Gees is die getuie wat dit in jou hart bevestig.


Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. Romeine 8:16 


3. Dit is ook ‘n kognitiewe gewaarwording, aangesien jy ‘n bewuste besluit geneem het deur Jesus as jou Heer en Redder te aanvaar. Jy sal weet indien dit ‘n feit is. Baie jare van nou af sal jy dalk nie die presiese dag of geleentheid kan onthou nie, maar jy sal sonder twyfel weet dat daar ‘n dag was waarop jy jouself aan Hom toevertrou het.


Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.  1 Johannes 5:12-13  

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Nuwe Lewe:  10-dae Leesplan deur Doxa Deo

Daar is 'n kwaliteitslewe wat vir ons beskikbaar is wanneer ons die Here werklik leer ken. As jy die basis van jou nuwe lewe wil verstaan, is hierdie leesplan vir jou bedoel.

Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.doxadeo.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid