Leesplan inligting

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God Voorbeeld

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

DAG 1 VAN 7

IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD


Jesus het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid. Lukas 5:16 


Ek het ‘n heiligdom, ‘n stiltetyd-vertrek, ‘n gebedskamer. Dit is waar ek tyd saam met Jesus deurbring. Dit is dus vir my ‘n baie spesiale plek. 


George Mueller het baie kinderhuise in Bristol, Engeland, gestig. Hy het in sy leeftyd vir ongeveer tien duisend kinders gesorg en ongeveer ses miljoen Britse pond hanteer, maar hy het nooit vir enigiemand iets gevra nie. Hy het tyd saam met God in sy heiligdom deurgebring en God het altyd in sy behoeftes voorsien. George Mueller het vertel dat hy altyd eers gebid en dan die Bybel gelees het. Op ‘n dag het hy hierdie patroon omgekeer. Hy het eers die Woord gelees en daarna gebid. Dit is presies wat ek doen. Wanneer jy eers die Woord lees, ontdek jy waaroor God wil hê jy moet bid. God se Woord is ons kompas, ons Boek van die lewe.  


Jesus het gedurig die mense oor die koninkryk van God geleer, hulle gesond gemaak en hulle gehelp. Tydens sy bediening het Hy altyd tyd gemaak om alleentyd in die teenwoordigheid van sy Vader deur te bring. 


Hoeveel tyd bring jy alleen by God deur? Hou jy hoegenaamd stiltetyd? As jy ‘n volgeling van Jesus wil wees, kan jy nie bekostig om nié tyd aan sy voete deur te bring nie. Jesus is die Een wat vir jou die krag vir die alledaagse lewe sal gee. 


Here, ek erken dat ek nie genoeg tyd aan u voete deurbring nie. Help my om heel eerste tyd vir U in my besige program in te ruim. Amen 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God

As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te v...

More

Ons bedank Christelike Uitgewersmaatskappy en Angus Buchan vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid