Leesplan inligting

Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit "Vertical Worship" Voorbeeld

It Came to Pass (Worthy, Worthy) From Vertical Worship

DAG 3 VAN 5

Elisabet


Ja Ek Sien Met Afwagting Uit.



Die profete het 'n "Vredevors" (Jesaja 9:5) belowe en tog het die mense van Israel vir eeue net oorlog, ballingskap en swaarkry geken.



Jesaja het voorspel dat die heerser wat sou kom "Die armes billik sal verhoor en die ootmoediges in die land regverdig oordeel," (Jesaja 11:4) en tog, waar God se mense ook al gekyk het, het hulle onreg, Romeinse besetting en onderdrukkende belastingheffings ervaar wat armoede net laat toeneem het.



Die profete het vir soveel jare geswyg (trouens, vier honderd), sodat baie mense begin wonder het of al daardie verhale en uitsprake dalk net dit was... verhale en uitsprake, mites en legendes wat nie te ernstig opgeneem moet word nie. Sommiges het besluit om die ou gelowe te verlaat ten gunste van politieke visies en militêre opstand waardeur dinge self hanteer kon word. Die meeste mense het net eenvoudig nie geweet wat om te doen nie.



In hierdie kulturele landskap van twyfel, vervolgingswaan en hunkering, is twee wonderwerk-swangerskappe aan twee onwaarskynlike kandidate aangekondig. Die eerste was aan Elisabet, wat nie net onvrugbaar was nie, maar ook vér by swangerskap-ouderdom verby was. Die tweede was aan Maria, wat 'n maagd was. Byna onmiddellik na die tweede aankondiging, is die twee vroue in 'n verruklike en dramatiese wyse bymekaar gebring:



Lukas 1:39-45



"Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na 'n dorp in die bergstreek van Judea gegaan. Daar het sy in Sagaria se huis ingegaan en vir Elisabet gegroet. Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul en het hard uitgeroep: 'Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot! Waaraan het ek dit te danke dat die moeder van my Here na my toe kom? Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg. Gelukkig is sy wat glo dat in vervulling sal gaan wat die Here vir haar gesê het!'"



Johannes die Doper (die baba wat in Elisabet gegroei het) het met die geluid van die groet van sy Here se ma, van vreugde beweeg, al het hy Hom nog nooit gesien of ontmoet nie. Na baie jare het die "mites en legendes" uiteindelik waar geword, al kon hulle net deur die wande van die moederskoot gevoel word: so naby en tog so ver.



Miskien voel jy gedurende hierdie Desember 'n bietjie van dieselfde afwagting wat die mense van Israel gevoel het. Dalk wag jy al so lank vir iets, dat jy al begin wonder het of die beloftes vervul sal word. Gedurende Advent word ons genooi om van vreugde op te spring van die gevoel dat ons iets pragtigs en betekenisvols nader, al kan ons dit nog nie sien nie. Ons word opgeroep na die gebied waar, teen alle instinkte, met vreugde en vertroue geglo word wat ons nie kan sien nie, want "Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik" (Matteus 19:26), net soos Elisabet en Maria geglo het. 



Mag ons in hierdie Adventtyd, soos Maria, geseënd genoem word omdat ons "glo in die vervulling van dit wat die Here aan ons gesê het."



Gebed:



Almagtige Here,



Vermeerder my geloof in hierdie Adventtyd en gee my die moed om te glo dat alle dinge deur U moontlik is. Laat my siel opspring van vreugde met die gevoel van u nabyheid en die klank van u stem, en om die waarheid van u beloftes te vier. Vul my met u Heilige Gees, soos vir Elisabet, dat ek U kan dank vir alles wat U vir my gedoen het en wat U nog gaan doen.



Oefening:



Kies die biografie van 'n Christen heilige wat jy bewonder (byvoorbeeld David Brainerd, Augustinus, Corrie Ten Boom, Elisabeth Eliot), om gedurende hierdie vakansietyd te lees. Let op hoe dikwels die persoon geroepe was om "op die Here te wag" en hoe hulle volhard het.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

It Came to Pass (Worthy, Worthy) From Vertical Worship

Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit al van kleins af op die een of ander manier gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend ...

More

Ons wil graag vir Provident bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek https://essentialworship.lnk.to/TqplY3veYV

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid