Leesplan inligting

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner StraussVoorbeeld

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

DAG 1 VAN 5

Die Bybel is deur God geïnspireer


As Christene leer ons hoofsaaklik uit die Bybel wie God is asook hoe God is. Die Bybel bevat God se doel en drome vir die mens en vir elkeen van ons as individue. Daarom is dit belangrik om die Goddelike oorsprong en samestelling van die Bybel te verstaan.


Die Bybel is baie meer as net ’n gewone boek. Die Bybel is God se Woord aan die mens. Die Bybel is een van die belangrikste maniere waardeur God met mense praat. Ons lees in 2 Timoteus 3:16 dat die hele Bybel deur God geïnspireer is. Deur die Bybel openbaar God Hom aan die mens en deur die Bybel kan ons ook God se planne en drome vir die mens ontdek.


God het Hom deur die eeue heen op verskillende maniere aan die mens geopenbaar: Hy het deur visioene en drome met mense gekommunikeer, deur engele wat aan hulle verskyn het, Hy het selfs deur ’n pratende donkie sy planne in werking gestel.


Alhoewel God vandag nog van hierdie maniere gebruik maak, openbaar Hy Hom hoofsaaklik deur die Bybel. Ons sê “hoofsaaklik” omdat die Bybel vir ons die grenslyne en beginsels gee waardeur ons die akkuraatheid van enige ander openbaring kan vasstel. Omdat die Bybel deur God Self geïnspireer en gegee is, vorm dit vir ons die grondslag van wat waar is in die lewe.


Interessante feite van die Bybel:


· Die Bybel is deur sowat 40 mense, oor ongeveer 1 500 jaar, vanuit 3 kontinente geskryf.


· Die Bybel is vertaal in meer as 2 500 tale!


· Die Bybel was die eerste boek wat in groot maat gedruk en versprei is.


· Die Bybel is die boek wat nog die meeste in die geskiedenis verkoop is en bly vandag steeds die topverkoper!


· Dit is inderdaad soos Gamaliël aan die Joodse Raad gesê het: As dit van God af is, sal geen mens dit kan keer nie (sien Handelinge 5:38–39)!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Groot Storie deur Schalk Holloway, Tienie van Wyngaard en Werner Strauss

God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Elke dag van hierdie 5-dag-leesplan bevat gedagtes rondom die Bybel, maar met ’n vars, moderne aanslag, en ein...

More

Ons wil graag Struik Christian Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://cumbooks.co.za/products/die-groot-storie-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid