Leef 'n Beter LewensverhaalVoorbeeld

Neem risiko’s.
Om opwindende, avontuurlustige lewens te kan leef, moet ons risiko's neem. Nou praat ek nie van waaghalsige risiko's soos om van 'n brug, wat aan 'n baie lang rek geheg is, af te spring nie (ek praat van bungee rekspring — ingeval jy nie verstaan wat ek probeer sê nie). Ek praat daarvan om Goddelike risiko's te neem — risiko's wat jou lewe asook as dié van ander ten goede sal verander.
Die ouens van wie jy nou net in hierdie gedeelte gelees het, het ‘n groot risiko geneem — 'n groot, Goddelike risiko. Hulle het die lewens waarmee hulle bekend was en waarmee hulle gemaklik was, verlaat. 'n Paar van die ouens het selfs hul pa agtergelaat. Hulle het alles wat hulle gehad en geken het, gelos om Jesus te volg.
Wat 'n risiko. Ek is seker hulle het hulself afgevra: Neem ek die regte besluit? Wat hou die toekoms in? Gaan dit die moeite werd wees? Ek hoop U weet wat U doen, Jesus!
'n Goeie lewensverhaal vereis dat ons Goddelike risiko's sal neem. Ons moet die onbekende aandurf en God vertrou dat Hy 'n plan en doel vir ons lewens het.
Wat sal dit van jou vra om uit jou gemaksone te stap? Watter Goddelike risiko's sal jy moet neem?
Ek daag jou uit om na God te luister, te kyk waarmee Hy jou vra om Hom te vertrou, Hom te volg en daardie groot risiko te neem.
Ek belowe jou, sodra jy Goddelike risiko's begin neem, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons leef almal 'n lewensverhaal, maar is ons almal se verhale die moeite werd om oor te vertel? In hierdie leesplan sal ons na vier maniere kyk hoe om ons lewensverhale te verbeter.
More
Verwante Leesplanne

Hoe Om Iemand Te Word By Wie Ander Wil Wees

Hoe Om Die Kerk Te Wees

Spreekwoordelike Meisie: Wysheid, Waardes en om Fabelagtig te wees

Bid

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

Hoog tyd

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe

Geanker in geloof

Veilig in sy hand
