Leesplan inligting

Elke Tree 'n AankomsVoorbeeld

Every Step An Arrival

DAG 5 VAN 5

Ware Aanbidding



Die mees ongewone frase in hierdie psalm is waarskynlik: "U maak die ploegvore vol water en die kluite nat, U laat hulle sag word van die reëns, U laat alles welig groei" (Psalm 65:11). Die psalmis se gevoel is een van pure oorvloed. Hy sien die nuwe jaar begin in die nuwe lewe wat die lente vergesel, soos 'n koningin wat met blomkranse van God gekroon word; geklee in die vars, nuwe lewe wat in die velde uitspruit en die troppe diere wat oor die heuwels en valleie versprei is. As ons na die psalmis luister wat oor hierdie wonders uitbrei, sou dit nie ongewoon wees om te begin wens ons was daar nie. 



Alhoewel hierdie psalm niks direk daarvan sê nie, was die tyd waarin dit geskryf is, gevul met waarskuwings oor die mens wat die kerk vir die natuur sou verruil en sy aanbidding daar doen, eerder as in die ritueel van die tempel of kerk. Hierdie denkrigting is gemoderniseer in die mens wat beweer hy kan God beter aanbid terwyl hy na 'n mooi sonsondergang kyk as wanneer hy antieke gebede in 'n stywe kerk bid. Hy mag dalk beter aanbid, maar die waarskynlikheid bestaan dat hy nie vir God aanbid nie, maar eerder die son, of meer waarskynlik, sy eie gevoel oor die son. 



Christelike aanbidding is die heiligmaking van tyd en ruimte. Dit waarna ons kyk, waarin ons leef, en in die gewone lewe as toevallig hanteer, is gekonsentreer in die uur van Christelike aanbidding sodat ons dit sien as aanbidding se uiteindelike en ewige betekenis. Aanbidding gee 'n verhoogde betekenis aan die tyd en ruimte van die gewone wêreld. Niemand kan, of sou wou, aanmekaar in die intense wêreld van aanbidding lewe nie. Aanbidding gee egter 'n skerpheid aan alles wat 'n Christen doen.



Die Christen wat na 'n uur van aanbidding die kerk verlaat, weet dat liefde, hoop, lofprysing, seën, en genade in baie klein hoeveelhede bydra tot dit wat uiteindelik die ewige verskil in die lewe maak. Die Christen in aanbidding is soos 'n sweefstokgimnas. Sy ervaar die betekenis van tyd en ruimte. Wanneer sy na haar gewone wêreld terugswaai, sal daar skerpheid en akkuraatheid in haar gevoelens en haar dade wees wat nie voorheen daar was nie. 



Wanneer laas het 'n ervaring van aanbidding verander hoe jy by God en by ander kon aanklank vind?



As jy hierdie 5-dag leesplan van Eugene Peterson geniet het, moet jy beslis na sy boek gaan kyk by Every Step an Arrival  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Every Step An Arrival

Ons hoop hierdie vyf oordenkings van Eugene Peterson sal jou denke en hart neem na waar dit ook al mag gaan, want jy weet nooit wat die Gees sal gebruik om te bemoedig of uit te daag of te vertroos nie. Jy mag kies om di...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/540871/every-step-an-arrival-by-eugene-h-peterson/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid