Leesplan inligting

RutVoorbeeld

Rut

DAG 8 VAN 27

Lees: Rut 2:1-3, Spreuke 20:24

SOAP: Rut 2:3

God het Rut voorsienend gelei na Boas se lande. Party mense mag dit toevallig noem, maar die volwasse gelowige verstaan ​​dat God in elke besonderheid van ons lewe aan die werk is. Niks ontsnap sy aandag nie, en ons omstandighede is nooit toevallig nie. Hy weef genade deur elke enkele steek en soom elke element saam met sy verlossing.

Niks in ons lewens is vermors nie. In God se ekonomie het elke detail waarde en doel. 'n Skynbaar toevallige gebeurtenis wat vandag plaasvind, sal eendag 'n groter doel dien. Wanneer ons terugkyk na ons lewens, sien ons hoe God 'n moeilike seisoen gebruik het om later skoonheid in ons lewens te skep.
Rut het saamgewerk met God se leiding  - alhoewel die werk hard was en aanvanklik min opbrengs vir haar gehad het. Haar getroue gehoorsaamheid is oorvloedig beloon. In watter veld het jy nou geland wat vir jou harde werk is? Groei waar jy geplant is. God sien jou, en Hy kweek pragtige vrugte in jou hart terwyl jy werk.
Here, help ons om te volg waar U ons lei en te bly werk selfs wanneer dit pynlik moeilik is. Help ons om te vertrou dat U aan die werk is. Amen.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Rut

As jy al ooit verlies, eensaamheid of seisoene van groot verandering ervaar het, dan kan jy onmiddelik met die gebeure en mense in die boek Rut identifiseer. Rut is 'n boek oor die voorsienigheid van God. Ons moet nooit ...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid