Soeke na Vreugde: Ses Bybelse Waarhede deur John PiperVoorbeeld

Almal van ons is onderworpe aan God se regverdige veroordeling
Ons almal het die grootheid van God verkleineer. Hoe? Deur ander dinge bokant Hom te stel. Deur ons ondankbaarheid, wantroue en ongehoorsaamheid. So, God is regverdig deur ons vir ewig uit te sluit van die genot van sy heerlikheid. "Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte…" (2 Tessalonisense 1:9).
Die woord “hel" word veertien keer in die Nuwe Testament gebruik, twaalf keer deur Jesus self. Dit is nie `n mite wat deur somber en kwaai predikers geskep is nie. Dit is `n plegtige waarskuwing deur die Seun van God, wat gesterf het om sondaars te verlos van die vloek van sonde. Ons ignoreer dit met ernstige risiko tot gevolg.
As die Bybel hier gestop het in sy ontleding van die menslike toestand, sou ons almal verdoem gewees het tot `n hooplose toekoms. Maar, dit is nie waar dit stop nie...
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Almal in die wêreld wil graag gelukkig wees. Dit is onafwendbaar. Maar hoe presies pas ons strewe na geluk met God se strewe om verheerlik te word? Dit is een van die belangrikste vrae wat jy ooit kan vra. En die antwoord mag jou dalk verras.
More
Ons wil graag John Piper/Desiring God bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.desiringgod.org/
Verwante Leesplanne

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Waarvoor Wag Jy Dan? Deur Angelique Du Toit

Asemhalingsruimte

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys

Liefde sonder vooroordeel

God is aan jou kant deur Nina Smit

Waarheid Oorwin

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
