SAGARIA 9:9-17

SAGARIA 9:9-17 Bybel vir almal (ABA)

Die Here sê: “Mense van Jerusalem, julle moet baie bly wees en juig, want dit is julle koning wat nou na julle toe kom. Hy is regverdig, en Ek help hom altyd. Hy is nie 'n belangrike man nie, en hy ry op 'n jong donkie. Ek sal die oorlogkarre verwoes en die perde doodmaak. Ek sal die pyl en boog stukkend breek, die mense van Efraim en Jerusalem maak oorlog daarmee. Dan sal die koning vrede maak met die ander volke. Hy sal oor hulle regeer, van die een see tot by die ander see, van die Eufraat-rivier en verder, oor die hele aarde.” Die Here sê ook: “My volk, Ek het 'n verbond gemaak met julle en bloed op julle gegooi. Daarom sal Ek julle mense nou terugstuur. Ander volke het hulle gevang en na ander lande gevat en hulle in putte gegooi wat leeg is. Ek sal hulle nou terugstuur na julle toe. Ek sal vir hulle sê: ‘Julle wat aangehou hoop het dat Ek julle sal help, julle kan nou uitkom, julle kan terugkom na julle stad wat die sterk mure het.’ Nog meer, Ek belowe vandag dat Ek vir my volk twee maal meer sal gee as wat hulle gehad het. Ja, my volk moet terugkom, want hulle moet my wapens wees teen die Grieke. Die mense van Juda en Jerusalem sal my pyl en boog en my swaard wees, Ek sal hulle gebruik om oorlog te maak.” Die Here sal bokant sy volk verskyn en Hy sal sy pyle skiet soos weerlig. Die Here sal die ramshoring blaas en Hy sal kom in 'n stormwind uit die suide. Die Here wat oor alles regeer, sal sy volk beskerm. Hy sal sy slingervel gebruik en hy sal sy vyande oorwin. Die klippe uit sy slingervel sal vol bloed word, so vol bloed soos die bakke by die altaar en soos die hoeke van die altaar. Die vyande sal die klippe hoor aankom en dit sal wees soos wanneer wyn borrel. Die Here is die God van sy volk, en hulle behoort aan Hom. Hy sal daardie dag kom om sy volk te red, en hulle sal in sy land woon. Hulle sal lyk soos mooi blink edelstene in 'n koning se kroon. Dit sal goed gaan in die land, die land sal mooi wees. Daar sal baie koring en wyn wees, en dit sal die jongmans en die meisies sterk en gesond maak.

SAGARIA 9:9-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

VERHEUG jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin. En Ek sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde. Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water. Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed. Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van 'n held. Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide. Die HERE van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, 'n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van 'n altaar. En die HERE hulle God sal hulle in dié dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land. Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.

SAGARIA 9:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is 'n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkie. Ek sal die strydwaens in Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei. Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word. Die koning sal vrede vir die nasies afkondig en hy sal regeer van see tot see, van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde. Wat jou betref, my verbond met jou is met offerbloed beseël. Daarom sal Ek jou gevangenes laat red uit hulle gevangenskap. Kom terug na die vestingstad toe, gevangenes wat nou hoop het! Ek verseker jou vandag: Ek gee jou twee maal soveel as wat jy gehad het. Ek gebruik Juda as my boog, Efraim as my pyl, jou inwoners, Sion, as my swaard teen jou inwoners, Griekeland. Ek hanteer my volk soos 'n vegter sy swaard hanteer. Die Here sal bokant sy volk verskyn, sy pyl sal soos weerlig uitskiet. Die Here God sal die ramshoring blaas, Hy sal kom in die storms uit die suide. Die Here die Almagtige sal sy volk beskerm. Die klippe uit sy slingervel sal dood en verwoesting saai, hulle sal vol bloed word, hulle sal gons soos wyn bruis, hulle sal so vol bloed word soos die kom wat by offers gebruik word, soos die hoeke van die altaar. Die Here hulle God sal daardie dag sy volk, sy kudde, red. Hulle sal in sy land vonkel soos die edelstene in 'n kroon. Hoe voorspoedig, hoe mooi sal die land nie wees nie! Die koring en die wyn sal maak dat die jongmans en die meisies gesond en sterk sal wees.

SAGARIA 9:9-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Juig, dogter van Sion! Jubel, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe: hy is regverdig en die oorwinnaar; hy is nederig en ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkiemerrie. Ek sal die strydwaens uit Efraim verdelg en die perde uit Jerusalem; ook die strydboog sal verwoes word. Hy sal vrede aan die nasies verkondig. Sy ryk sal van see tot see strek, en van die Rivier tot aan die uithoeke van die aarde. “En verder, Sion, op grond van die bloed van jou verbond met My sal Ek jou gevangenes uit 'n waterlose opgaarput vrylaat. Julle hoopvolle gevangenes, keer terug na die vesting! Verder maak Ek vandag bekend: Ek sal jou dubbeld beloon. Want Juda span ek vir my soos 'n boog en Efraim is die pyl waarmee ek aanlê. Ek stel jou seuns, Sion, op teen jou seuns, Griekeland. Ek maak jou, Sion, soos die swaard van 'n krygsheld.” Dan sal die HERE bo hulle verskyn – soos weerlig sal sy pyl trek. Die HERE, die Heer, sal op die •ramshoring blaas – in die stormwinde van die suide sal Hy opruk. Die HERE, Heerser oor alle magte, sal hulle beskerm – hulle sal die vyand verslind en met klippe uit 'n slingervel onderwerp. Hulle sal drink en luidrugtig wees soos by 'n wyndrinkery. Hulle sal bloed drink soos wyn, Hulle sal vol word soos 'n offerbak, en vol bloed wees soos die hoeke van 'n altaar. Op daardie dag sal die HERE, hulle God, hulle verlos as sy volk, sy kudde, want hulle is die juwele van 'n kroon wat glinster oor sy grondgebied. Waarlik, hoe goed en hoe mooi sal dit wees! Koring sal die jong mans laat gedy, en •nuwe wyn die jongmeisies.

SAGARIA 9:9-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! roep uit, dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is regverdig en het verlossing; nederig en ry op 'n esel, en op 'n vul die vul van 'n esel. En Ek sal die strydwa uit Efraim uitroei en die perd uit Jerusalem, en die gevegsboog sal uitgeroei word; en hy sal vrede tot die nasies spreek; en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Nyl tot aan die eindes van die aarde. En wat jou betref, deur die bloed van jou verbond het Ek jou gevangenes uit die kuil gestuur waarin geen water is nie. Bekeer julle na die bergvesting, gevangenes van hoop; vandag verkondig ek dat Ek julle dubbel sal vergeld; As Ek Juda vir my gespan het, die boog gevul het met Efraim en jou seuns, o Sion, opgewek teen jou seuns, o Griekeland, en jou gemaak soos die swaard van 'n magtige man. En die HERE sal oor hulle gesien word, en sy pyl sal uitgaan soos 'n weerlig; en die HERE HERE sal op die basuin blaas en gaan met stormwinde van die suide. Die HERE van die leërskare sal hulle beskerm; en hulle sal verslind en met slingerstene onderwerp; en hulle sal drink en 'n geluid maak soos van wyn; en hulle sal vol word soos bakke en soos die hoeke van die altaar. En die HERE hulle God sal hulle in dié dag verlos soos die skape van sy volk, want hulle sal wees soos die klippe van 'n kroon, opgelig as 'n banier oor sy land. Want hoe groot is sy goedheid en hoe groot is sy skoonheid! koring sal die jongmanne vrolik maak, en mos die diensmeisies.

SAGARIA 9:9-17 Die Boodskap (DB)

Wees baie bly, mense van Sion! Skree hard, inwoners van Jerusalem! Julle koning is op pad na julle toe. Hy tree altyd regverdig op en hy is ’n wenner. En tog is hy nederig. Hy ry sommer op ’n donkie. Die Here sê: “Ek sal al die goed wegmaak wat hulle in Israel en in Jerusalem gebruik om mee oorlog te maak. Dit is dinge soos strydwaens, perde en pyle en boë. Ek sal dit alles vernietig. Julle koning sal ook vir die nasies vrede bring. Hy sal van die een see tot die ander see, van die Eufraatrivier tot by die einde van die aarde, koning wees.” Die Here sê verder ook: “Ek was baie ernstig met die ooreenkoms wat Ek met julle gemaak het. En om te bewys hoe sterk hierdie ooreenkoms is, is dit met bloed gesluit. Omdat Ek My in hierdie ooreenkoms laat bind het, sal Ek julle mense vrymaak uit ballingskap. Die inwoners van Juda sal nie langer as gevangenes in ’n vreemde land aangehou word nie. Daar is hoop vir julle wat gevang en uit julle land weggevat is. Kom terug na julle land toe sodat julle veilig kan wees! Ek belowe julle vandag dat Ek julle dubbel soveel sal gee as wat julle vroeër gehad het. Soos ’n soldaat ’n pyl en boog en ’n swaard as wapens in ’n geveg gebruik, so sal Ek met Juda, Israel en Jerusalem maak. Ek sal hulle as my wapens teen die Grieke gebruik.” Die Here sal bokant sy mense gesien word. Sy pyl sal soos ’n weerligstraal uitskiet. Hy sal op die trompet blaas om te wys dat die geveg begin het. Soos ’n stormwind uit die suide val Hy dan die vyand aan. Die Here is sterker as alles en almal. Hy sal sorg dat niemand sy volk kwaad aandoen nie. Hulle sal die vyande met eenvoudige wapens wen. Hulle sal soos dronk mense skree terwyl hulle baklei en hulle vyande doodmaak. Hulle klere sal vol bloed wees van die bloedige geveg met die vyand. Die dag wanneer hierdie geveg uitbreek, sal die Here hulle God hulle red. Hy sal hulle beskerm en versorg soos ’n herder met sy skape maak. Hulle sal ook soos ’n juweel in ’n koning se kroon wees. Hulle sal blink en skitter in sy land. Hoe wonderlik en mooi sal hulle nie wees nie! Die jongmense sal sterk en gesond wees omdat daar meer as genoeg koring en wyn is.

SAGARIA 9:9-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Wees baie bly, dogter van Sion! Juig hardop, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe. Hy is regverdig en ’n oorwinnaar, maar tog is hy nederig. Hy ry op ’n donkie, die vul van ’n donkie. Die strydwaens van Efraim sal Ek vernietig, en ook die oorlogsperde in Jerusalem. Al die wapens vir oorlog sal Ek vernietig. Jou koning sal vir die nasies vrede bring. Sy ryk sal strek van see tot see, van die Eufraatrivier af tot aan die uithoeke van die aarde. Wat jou betref, my verbond met jou is met bloed beseël. Ek sal jou gevangenes red uit ’n waterlose put. Keer terug na die vesting toe, gevangenes vol hoop! Ek belowe dat Ek julle dubbel sal vergoed vir al julle swaarkry. Juda is my boog en Israel is my pyl! Sion is my swaard en Ek is soos ’n soldaat, Ek sal dit teen Griekeland gebruik. Bokant sy volk sal die HERE verskyn, sy pyle sal vlieg soos weerlig. Die oppermagtige HERE sal die trompet blaas. Hy sal teen sy vyande uittrek soos ’n stormwind uit die woestyn. Die HERE, die Almagtige, sal sy volk beskerm en hulle sal hulle vyande met slingervelle oorwin. Hulle sal oorlogskrete skree asof hulle dronk is van wyn terwyl die bloed van hulle vyande vloei. Hulle sal vol wees van bloed soos ’n bak by offers, soos die hoeke van die altaar. Wanneer daardie dag kom, sal die HERE hulle God sy volk red, net soos ’n skaapwagter sy skape red. Hulle sal in die land glinster soos juwele in ’n kroon. Hoe wonderlik en mooi sal hulle nie wees nie! Jong mans en meisies sal floreer op die oorvloed van koring en jong wyn.