SAGARIA 9:11
SAGARIA 9:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê ook: “My volk, Ek het 'n verbond gemaak met julle en bloed op julle gegooi. Daarom sal Ek julle mense nou terugstuur. Ander volke het hulle gevang en na ander lande gevat en hulle in putte gegooi wat leeg is. Ek sal hulle nou terugstuur na julle toe.
SAGARIA 9:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water.
SAGARIA 9:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat jou betref, my verbond met jou is met offerbloed beseël. Daarom sal Ek jou gevangenes laat red uit hulle gevangenskap.
SAGARIA 9:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“En verder, Sion, op grond van die bloed van jou verbond met My sal Ek jou gevangenes uit 'n waterlose opgaarput vrylaat.
SAGARIA 9:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wat jou betref, deur die bloed van jou verbond het Ek jou gevangenes uit die kuil gestuur waarin geen water is nie.
SAGARIA 9:11 Die Boodskap (DB)
Die Here sê verder ook: “Ek was baie ernstig met die ooreenkoms wat Ek met julle gemaak het. En om te bewys hoe sterk hierdie ooreenkoms is, is dit met bloed gesluit. Omdat Ek My in hierdie ooreenkoms laat bind het, sal Ek julle mense vrymaak uit ballingskap. Die inwoners van Juda sal nie langer as gevangenes in ’n vreemde land aangehou word nie.