SAGARIA 7:5 - Compare All Versions
SAGARIA 7:5 ABA (Bybel vir almal)
“Sê vir al die mense in die land en vir die priesters: Julle het 70 jaar lank in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur. Maar hoekom het julle dit gedoen? Het julle gevas en getreur om My te eer? Nee.
SAGARIA 7:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?
SAGARIA 7:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sê vir almal in die land en vir die priesters: Julle vas en treur nou al sewentig jaar lank in die vyfde en in die sewende maand, maar vas julle tot my eer?
SAGARIA 7:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Sê vir die hele volk van die land en vir die priesters, ‘Toe julle in hierdie sewentig jaar in die vyfde en sewende maand gevas en gerou het, het julle werklik om my ontwil gevas?
SAGARIA 7:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Spreek met die hele volk van die land en met die priesters en sê: Toe julle in die vyfde en sewende maand, daardie sewentig jaar, gevas en getreur het, het julle enigsins teen my gevas?
SAGARIA 7:5 DB (Die Boodskap)
“Vra ’n bietjie vir die mense van Juda en die priesters wat nou al vir 70 jaar elke jaar in die vyfde en die sewende maand sonder kos bly en huil, die volgende vraag: Het julle ter wille van My sonder kos gebly?
SAGARIA 7:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Sê vir die hele volk en vir al die priesters: ‘Toe julle in die 70 jaar van ballingskap in die somer en herfs gevas en gehuil het, het julle regtig ter wille van My gevas?