SAGARIA 7:13
SAGARIA 7:13 Bybel vir almal (ABA)
Ek het hulle geroep, maar hulle het nie geluister nie. Nou sal Ek nie luister wanneer hulle roep nie.
SAGARIA 7:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie — so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die HERE van die leërskare gesê.
SAGARIA 7:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het geroep, maar hulle het nie geluister nie, en toe het die Here die Almagtige gesê: Ek sal ook nie luister as hulle roep nie
SAGARIA 7:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Soos hulle nie geluister het toe daar geroep is nie, so roep hierdie mense en luister Ek nie,’ sê die HERE, Heerser oor alle magte.
SAGARIA 7:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom het dit gebeur dat soos Hy geroep het, en hulle nie gehoor het nie; daarom het hulle geroep, en Ek wou nie hoor nie, spreek die HERE van die leërskare.
SAGARIA 7:13 Die Boodskap (DB)
Hy het hulle deur sy Gees laat verstaan wat hulle vir sy volk moes sê. Maar niks wat die Here gesê het, het enige indruk op hulle gemaak nie. Dit het soos water van ’n eend se rug af gerol. Dit is hoekom die Here so kwaad vir hulle is. Die Here sê: “Omdat hulle nie na My wou luister toe Ek met hulle gepraat het nie, daarom het Ek ook nie na hulle geluister toe hulle na My geroep het nie.