SAGARIA 1:7
SAGARIA 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het weer met die profeet Sagaria gepraat. Dit was in die tweede jaar nadat Darius koning geword het, op die 24ste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat. Sagaria was die seun van Berekja en Berekja was die seun van Iddo.
SAGARIA 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OP die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE tot die profeet Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, gekom en gesê
SAGARIA 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, die maand Sebat, in die tweede regeringsjaar van Darius, het die woord van die Here gekom tot die profeet Sagaria seun van Berekja, seun van Iddo.
SAGARIA 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, die maand Sebat, in die tweede regeringsjaar van koning Darius, was dít die woord van die HERE aan die profeet Sagaria, seun van Beregja en die kleinseun van Iddo.
SAGARIA 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op die vier-en-twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaria, die seun van Beregja, die seun van die profeet Iddo, en gesê