SAGARIA 1:17
SAGARIA 1:17 Bybel vir almal (ABA)
“Jy moet weer hard praat en jy moet sê die Here wat oor alles regeer, sê: ‘Die stede van Juda behoort aan My. Dit sal weer goed gaan met die mense in die stede. En Ek sal weer goed wees vir die mense van Jerusalem. Ek sal weer sê: Jerusalem is my stad.’ ”
SAGARIA 1:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Roep verder en sê: So spreek die HERE van die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die HERE sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.
SAGARIA 1:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Roep weer en sê: So sê die Here die Almagtige: My stede sal weer oorstroom word deur voorspoed. Ek, die Here, gaan weer genade betoon aan Sion, Ek gaan Jerusalem weer my woonplek maak.”
SAGARIA 1:17 Die Boodskap (DB)
Skree weer sodat almal kan hoor wat die Here gaan doen: Hy sê: Ek sal sorg dat dit sommer baie goed met al die mense in Israel gaan. Daar sal meer as genoeg van alles wees. Ek sal ook kyk dat alles weer vir Jerusalem reg verloop. Ek kies Jerusalem as my gunstelingstad.”